As jy iemand is wat op Watkykjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.
Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.
In hierdie episode geseles Prof. Gerhard Van Huysteen se sidekick, kliniese sieklundige, Elmarie Claassens, vir ‘n verandering met ‘n rock ‘n roll bra – niemand anders as Hunter Kennedy nie – Fokofpolisiekar se main woordsmit en axe slinger. Hunter is ook natuurlik een van die main mackies van die Afrikaanse popgroep, Die Heuwels Fantasties. Hunter is ‘n fokken lekker ou en gesels in hierdie episode oor 20 jaar in die musiekbedryf, die “Fok God”-insident (toe Wynand dit op ‘n laitie se beursie geskryf het), sy proses om liedjies te skryf, die donker tye in sy eie lewe en hoe hy homself nie te ernstig opneem nie.
Hierdie is die laaste episode vir 2020 en ons sal volgende jaar weer terug wees met ‘n kakhuis vol lekker interviews met piele guest!
Hierdie een van die top episodes van die reeks en een van my gunstelinge:
Watkykjy staan op 3,124,121 post views in totaal sedert 1 November, 2019.