Soek jy iets om tydens julle Kersete hardop vir die familie voor te lees direk na die tafelgebed en fokken slim te lyk? Ons het jou rug, buddy. Hier gaat ons:
‘n Moerse skerp dokter wat ‘n navorser is by die Kanadese universiteit, The University of Saskatchewan, het dit reg gekry om die nuwe Pfizer en Moderna vaccines te verduidelik sodat enige dom doos dit kan verstaan. Hierdie universiteit is ook ‘n top internasionale navorsingssentrum wat veral fokus en uitblink in die navorsingsvelde van gesondheid, landbou en die omgewing.
Ek gaan nie probeer om anti-vaxxers te oortuig om die COVID-19 vaccine te kry nie – daar is fokol wat jy aan so mens kan doen nie. Ironies genoeg het daardieselfde anti-vaxxer probably as kind inentings gekry teen diphteria, masels, pampoentjies en polio. En nou loop hule rond as uniformed grootmense wat fake news, Afriforum en Donald Trump like. Maar gots, laat daai ou nou vir jou in ‘n geroeste spyker trap wat deur sy Croc in sy voetsool druk by ‘n braai? Dan sal almal met ‘n rum en Coke in die hand hand tune: “Waneer laas het jy jou tetanus shot gekry? Mens moet elke 5 jaar een kry want anders gaan jou voet afvrot as jy in ‘n spyker trap of as ‘n hond jou byt”.
Raait… dis eintlik elke 10 jaar en dis nie ‘n shot nie, ou – dis ‘n fokken vaccine, hoor? Maybe moet die WHO die vaccines eerder”shots” noem. Suid-Afrikaners fokken like mos van shots.
“MANNE!”
*double tap glasie op bar counter*
So vir dié van julle wat nie convincing nodig het nie maar vir gees wil weet hoe daardie dokter verduidelik hoe die COVID-19 vaccines werk, lees verder. Dis pretty fokken amazing hoe science werk. Ons som dit op vir jou. Die bra reken jy moet eerstens weet hoe jou imuunsisteem werk: jou imuunselle sal enige vreemde kak in jou lyf agter die pawwies wil kry vir ‘n rol. As dit ‘n virus, bakterië of ‘n protiën teëkom wat dit nie ken nie, breek daar ‘n fight uit. Wanneer dit ‘n virus moet fight, vat die fight aanvanklik ‘n rukkie om op te bou tot ‘n volskaalse aanval. Jou imuunselle moet probeer uitfigure watter deel van die virus om te moer en dan moet produksie versnel en verhoog word van whatever dit nodig het om daai gedeeltes aan te val. Knuckle dusters vir die knaters. Sand om in die oë te gooi. ‘n Kous vol albasters vir die kakbebeen. You get the pictture. In die meantime fokken partytjie en replicate daai virus soos ‘n Gautengse matrikulant in Balito. Broeknaai en brannas!
Wanneer die virus egter eers verslaan is, word dit onthou, want jou imuunsisteem het geheueselle wat tune: “Ek het hierdie kontkoppie al iewers raakgelook en ek like hom fokol!” Jou liggaam gebruik dan hierdie ondervinding om virusse op te fok voor hulle jou siek maak. Dis die basics van hoe jou imuunstelsel werk.
Nou kom ons by die vaccine – die nerds in die wit suits wat fokken baie meer as ek en jy weet, het na die COVID-virus gekyk en op ‘n proteiën afgekom aan die buitekant van die virus en dit het gelyk het na ‘n goeie plekkie om ‘n imuunaanval te loods. Daai proteiën is kakbelangrik vir die virus want dis sy VIP-armbandjie ok by jou selle se live shows in te kom. Dit maak die virus ook meer van ‘n kontkoppie.
So bietjie agtergrond: DNA is die blueprints om goeters in ‘n sel te maak. Selle vat die DNA en vertaal dit na RNA toe en RNA is die instruksies wat die sel tune wat om te maak. mRNA dra die instruksies oor na die sel om iets te maak. Die ‘m’ staan vir ‘mesesenger’. Voor jy in jou panty kak – ons weet DNA is engels (DNS is die Afriaanse afkorting).
Die COVID-virus het DNA wat coding doen vir al die gedeeltes en parte van die virus en die slim ooms met die wit baadjies het na die hele DNA-sequence van die virus gekyk en bevind dat daardie sequence die blueprints is vir die kontkoppie-proteiën. Hulle het toe hierdie blueprints gevat en ‘n mRNA-weergawe daarvan gemaak – die deel wat instruksies of boodskappies hanteer. Die ‘m’ staan vir ‘messenger’, onthou jy nog? Hierdie instruksies of boodskappies is dan nou wat die vaccine vorm.
Kwaai! Nou hier kom die groot reveal vir die Conspiracy Kallies en Conspiracy Karens: die vaccine dra actually fokol gedeeltes van die actual virus nie. Ek herhaal: fokol. van. die. virus. Dit het slegs die instruksies van hoe om die kontkoppieproteiën te maak, so jy kan nie fokken COVID kry van die vaccine nie. Jou imuunsisteem slegs net die instruksies. Dis soos wanneer jy ‘n slippie kry wat bewys dat jy jou driver’s license hernu het. Dis net ‘n papier, nie jou actual liksens nie. Jou selle kry daai instruksies, sit hulle brille op en tune: “Piele, ek maak gou hierdie kak vir jou” en dan begin hulle ‘n klomp kontkoppieproteiëne maak. Jou imuunsisteem daag op en tune: “Vries doos! Hierdie is ‘n Mamba pompaksiehaelgeweer, the most powerful single loop shotgun in the new South Africa!” en begin daai proteië opfok, maar stadig, want jy moet onthou – hy het nog nie hierdie outjie voorheen ontmoet nie. En soos hy begin leer, begin die groot fight. Die kouekoors en spierpyne wat jy dan moontlik sal ondervind, is jou lyf wat full-on Operation Desert Storm gaan op daai kontkoppieproteiëne.
Die stof gaan lê en nou het jy daai proteiën opgefok, maar onthou, dis net ‘n proteiën, nie die actual virus nie. MAAR. Jou geheueselle het nou mooi geleer hoe om daai proteiën op te fok as hulle hom weer sien. Jou liggaam breek ook daai mRNA instruksies weer vinnig af wat jy saam met die vaccine gekry het, want dit hoef nie vir ewig bal te hang soos ‘n ongenooide familielid nie. Daai proteiëne is ook opgefok en alles wat deel vorm van die vaccine het gefokof – alles behalwe die memoryselle, want hulle gaan vir kontkoppie baie blerrie goed onthou!
Na jy na Cyril se speech geluister het, gaan jy Tops toe want jy is bang ons gaan level 3 toe en jy wil nie weer R600 vir Olof Bergh betaal by jou skelm nefie nie. Jy dra ‘n masker maar jou gesig lyk soos ‘n piel wat oor ‘n onderbroek se rek hang. Jy kry COVID, want die ou voor jou in die queue hang na curfew dronk uit by skurwe plekke en hy is een van daai “my body, my choice”-naaiers. Gelukkig het jy die vaccine gevat soos ‘n grootmens met ‘n verstand en ‘n sense of responsibilty. Jou liggaam het vir ‘n fok nog nooit die daai virus gesien nie maar hy sit sy bril om en squint na daai proteiën wat innocently rondkyk en fluit buite die virus : “Wag ‘n fokken poskantoorminut… ek ken daai poes!”. Jou imuunsisteem stuur ‘n klomp car guards uit wat nou al die storie ken want die vaccine het hulle mooi getrain en hulle poes vir Hasie nog voor hy kans kry om te replicate om jou siek te maak.
En daai, maats, is die fokken storie oor hoe die COVID vaccine min of meer werk.
Ek kan nie fokken wag om my shots in die arm te kry nie!
*double tap glasie op bar counter*
Watkykjy staan op 3,085,543 post views in totaal sedert 1 November, 2019.