As jy iemand is wat op Watkykjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.
Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.
In hierdie episode geseles Professor Van Huyssteen met Sophia Kapp – bekende skrywer van Afrikaanse romanses, liefdesromans en ander fiksiegenres. Verskeie van haar boeke is al bekroon, terwyl haar boeke ook dikwels bo-aan die topverkoperlyste in Suid-Afrika pryk. Een van haar bekendste en gewildste boeke is sekerlik Oorlewingsgids vir ’n Bedonnerde Diva. Sophia is sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en werk sedert 2014 as taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).
In hierdie aflewering gesels Sophia aan die een kant oor haar persoonlike lewe en die rol wat vloek en ander taboes daarin speel – veral ook in haar verhoudings met haar pa, ma en seun. Aan die ander kant besin sy oor die funksie van vloekwoorde in (veral Afrikaanse) fiksie en hoe die gebruik daarvan van genre tot genre verskil.
Gooi ‘n oor:
Watkykjy staan op 3,049,124 post views in totaal sedert 1 November, 2019.