Melt Sieberhagen – Wat de Vloekwoord

In Pot Kak Podcasts, Wat de vloekwoord deur griffinRek jou bek

As jy iemand is wat op Watkykjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.

Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.

In die hierdie episode gesels Professor Vloek met een van ons grootste tjommies, Melt Sieberhagen. Vriend Melt is een van die prominentste figure, veral onder ‘n nuwe generation actors. Sy bekendheid reach verder as bloot net comedy. Hy is ook ‘n gerekende en geliefde TV-, film- en verhoogakteur, regisseur, redigeerder, skrywer en stemkunstenaar.

Van bekendste produksies waarby hy betrokke was, sluit in Proesstraat en Fynskrif (TV), Poena is Koning en District 9 (film), en Nagskofkliek (verhoog) wat ons nog noudiedag gaan kokkenodge het by die Atterbury Theatre in Plakkietoria.

In hierdie epsiode gee Melt gee sy opinie oor “gemotiveerde” vloekwoorde, die verskille tussen comedy, stand-up en roasts asook improv.

O ja, die bra is ook poes slim:

Hierdie post is 99 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,048,908 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinMelt Sieberhagen – Wat de Vloekwoord

Gooi Comment