As jy iemand is wat op Watkykjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.
Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.
In hierdie episode geseles Prof. Gerhard Van Huysteen se sidekick, die kliniese sielkunde, Elmarie Claassens, met Marita van der. Marita is een van Afrikaans se bekendste skrywers met meer as 30 publikasies agter haar naam, insluitende volwasse, kinder- en jeugromans, kookboeke, essays, radiodramas, vertalings – you fokken name it!
Baie van haar boeke is met van die belangrikste toekennings in Suid-Afrika bekroon, en heelwat van hulle is in ander tale vertaal. Ook is van haar boeke omgeskakel in films of verhoogstukke, terwyl sy self ook die aanbieder van die TV-reeks “Marita kook” was.
In hierdie epsiode gesels sy oor die voortgaande stryd rondom die onafhanklikheid van die vrou, taboes rondom vroulike wellus en seksualiteit, menstruasie, eufemismes en hoe ‘Griet’ steeds relevant bly.
Gee dit ‘n luister:
Watkykjy staan op 3,073,870 post views in totaal sedert 1 November, 2019.