Kim Cloete – Wat de Vloekwoord

In Pot Kak Podcasts, Wat de vloekwoord deur griffin

As jy iemand is wat op Watkykjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.

Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.

In die hierdie episode gesels kliniese sielkundige, Elmarie Claassens, met een van die nice-ste mense wat ekself al ontmoet het – aktrise, Kim Cloete. Sy het haar career begin as field presenter vir Craz-E, ‘n kinderprogram wat jy dalk sal kan onthou. Dit het gelei tot rolle in DKNT, Zing, Ontbytsake en Pasella. Sy het ook later groter rolle tot haar kerfstok bygevoeg met Plek van die Vleisvreters,  7de Laan, Fynskrif, Binnelanders, Die Spreeus en Hotel.

Sy chat in hierdie podcast met Elmarie oor stereotipering van karakters deur middel van teks, die intensie agter woorde asook kommunikasie. Hierdie is egter ‘n baie heavy episode en sy praat openlik oor die abuse wat sy moes deurgaan as kind en tiener en hoe sy eventually daarmee kon deal.

Hopelik gee hierdie podcast iemand wat dalk in dieselfde situasie sit, die moed om te deal waarmee hulle moet deal. Dis tog deel van die doel van hierdie gesprekke ook.

Trek maar die tissue boks nader:

Hierdie post is 285 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,605,363 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinKim Cloete – Wat de Vloekwoord