deur Daaf Vapor
Partykeer as mens heeltemal te veel gesuip het dan is dit ‘n goeie idee om eers bietjie op te gooi voordat jy gaan slaap. Dis een van die beste boererate daarbuite. Dit maak dat die wêreld nie so vining spin soos ‘n techno bunny op MDMA by ‘n rave party nie. Dit maak ook glo jou babelaas die volgende dag ‘n bietjie minder. Nou wat doen jy as jy wil kots-op-bevel? Jy luister natuurlik een van daardie hordes Afrikaanse doef-doef liedjies en voordat jy kan sê: “Arrrradiho!” is projektielbraking jou voorland. Daar is duisende om van te kies en keur in daardie rioolplaas wat ons noem Afrikaanse popmusiek.
Glo dit of nie, daar is egter baie goeie Afrikaanse elektroniese musiek daarbuite ook. Musikante wat ongelooflike befokte beats bou. Rock puriste mag dalk hulle neuse optrek vir musiek wat bespeel word deur rekenaars maar dit verg baie vaardigheid en verbeelding om die dooie nulle en ene van ‘n rekenaar werklik te laat lewe en dans.
Ons het hierdie piele playlist vir julle gemaak met die beste Afrikaanse Elektroniese musiek wat ons kon opsoor op Spotify. Dit strek van baanbrekers soos Battery 9 tot die nuutste brousels uit die oond van befokte tunes. Hierdie is ons vroeë Krismispresent aan julle outjies. Klap hierdie playlist poes hard by jou braai en onthou as jou bure bakstene deur jou ruite bliksem, is dit sodat hulle jou befokte musiek beter kan hoor. Vir dié van julle wat uit 1980 kom en nie Spotify het nie, is daar ‘n YouTube playlist ook. Vir dié van julle wat ook nie YouTube het nie, waddepos soek julle hier?
Watkykjy staan op 3,092,676 post views in totaal sedert 1 November, 2019.