Dis nou twee dae na Amerika se election en die moerse tight race tussen Donald Trump en Joe Biden is nogal ‘n fuck show of note. Biden gaan op die ou einde die medalje vat maar dit moet eintlik fokken glad nie ‘n tight race wees tussen die twee krimpies nie. Daar is letterlik duisende redes hoekom Donald Trump nie president moet wees nie – jy kan net na sy leuens kyk op Twitter (duisende daarvan). Dit is ook regtig nie ‘n geval van die keuse tussen “the lesser two evils nie”, want daar is net een evil kont in hierdie storie en dis Trumpty Dumpty. Die rede hoekom Trump so baie ondersteuners het (min of meer 50% van Amerika se elligible voting bevolking) is dieselfde rede hoekom ‘n korrpute ANC steeds aan bewind is – hulle vat uneducated mense virre poes en met met “uneducated” bedoel ek nie mense wat nie skool toe was nie. Ek praat vat mense wat nie vir hulleself kan dink nie. Mense wat in conspiracy theories glo, dit najaag en vir soetkoek opvreet. As jy ‘n Trump supporter is, is jy probably iemand wat sy nuus gaan uitsnuffel by obskure YouTube channels of unverified bronne. Of iemand wat dodgy “nuus” sites meer gereeld as die bybel lees en dink dat jou wit vel en die feit dat jy Afrikaans is, jou ‘n beter mens maak. Of soos Melt Sieberhagen dit mooi gestel het iewers deur die week:
“Ek hou my maar hoofsaaklik uit die groot geredekawel oor die verkiesing daar ver oor die see, maar een van die meer vreemde argumente/verdedigings wat ek nog raakgeloop het, is “Ek ondersteun nie vir Trump nie, maar ek ondersteun sy policies”. Dis nogal ongemaklik naby aan “Ja, Jeffrey Dahmer was nie ‘n nice ou nie, maar hy het darem geweet hoe om ‘n stukkie vleis gaar te maak!””
Dis egter nie te laat vir jou nie. Jy kan bietjie jou horisonne verbreed deur na hierdie movies, doccies en reekse te kyk:
On the Basis of Sex
Jy het moontlik onlangs eers uitgevind wie hierdie formidabele supreme court justice, Ruth Bader Ginsburg is, as gevolg van haar afsterwe. Hierdie movie kyk na haar struggles vir gelyke regte vir almal asook haar merkwaardige loopbaan en vroeër hofsake wat gelei het tot haar aanstelling. Jy kan hierdie movie actually net ook losmaak van politiek as jy ‘n biografie wil geniet oor ‘n genuine goeie mens.
Shock and Awe
Twee dekades gelede het meeste mense met ‘n halwe brein heel moontlik gedink dat Amerika nooit weer so kak president soos nommer 43, George W Bush sou hê nie. Jirrrr, hulle was in vir ‘n shock eventually, maar Bush het fokken baie kak aangejaag wat gelei het tot grootskaalse lewensverlies. Soos sy inval van Iraq in 2003 wat 100% op leuens gebasseer was – sy claim dat Saddam Hussein “weapons’ of mass destruction” weggesteek het. Shock and Awe is ‘n biografiese drama wat ‘n groep joernaliste volg wat juis hierdie invasion cover. Die movie spog met groot name soos Woody Harrelson, James Marsden (Smallville se Clark Kent), Rob Reiner, Tommy Lee Jones, Jessica Biel en Mila Jovovich.
The Plot Against America
Hierdie limited reeks is fantasties en is gebasseer op die veelbekroonde Philip Roth se novel van dieselfde naam. Dit veronderstel en vertel die verhaal van ‘n alternatiewe Amerikaanse geskiedenis tydens die Tweede Wêreldoorlog, deur die oë van ‘n werkersklas Joodse familie, waarin ‘n xenofobiese en rassistiese Charles Lindbergh die president word en fassisme aan die orde van die dag is. Dis basically die verhaal van Donald Trump, sou hy nog 4 jaar gekry het in die 50s. Die ensemble rolverdeling sluit onder andere Winona Ryder, John Turturro en Zoe Kazan in.
The Loudest Voice
As daar nou ‘n walgwors en slegte stuk kak mens was in die mediawereld, was dit Roger Ailes, die Fox News media mogul republican political influencer. Hy was ‘n groot sekspes en hierdie movie gaan oor die doos se fall from grace. Fox News het die sleg kak nogal $40m gegee toe hy “resign” het. Rupert Murdoch, Fox se grootbaas, is net so vrot voorvel. Kyk gerus hierdie reeks met Russel Crowe, Sienna Miller, Naomi Watts en Seth Macfarlaine en as jy ‘n befokte movie oor dieselfde onderwerp wil kyk, check sommer Bombshell met Charlize Theron, Nicole Kidman en Margot Robbie ook uit.
Doccies maak jou slimmer
Ons praat nou hierso van documentaries wat deur reputable production companies en netwerke soos byvoorbeeld HBO release is en nie Alex Jones wat op YouTube op jou skreeu dat die spoeg spat nie. Weet jy hoe poesdom daai ou is? Hier is van die goed wat hy for realzies glo:
- Die Amerikaanse regering het “weather weapons” en die air force het mense in Texas doodgemaak het deur vloede.
- Die Pentagon gebruik chemicals om mense gay te maak. Yup, gay bomme wat hulle in die water drop, want jy sien, die government het met dieselfde chemicals in die water die meerderheid paddas in Amerika gay gemaak. Jissis, girlfriend! Kwaaaak!
- Robert Mueller is ‘n demoon en ‘n pedofiel: “Everyone’s so scared of Mueller, they’d let Mueller rape kids in front of people, which he did. The word is he doesn’t have sex with kids, he just controls it all. Can you imagine being a monster like that?”
- Die hele Sandy Hook school shooting was fake. Like, die hele ding. So daai ouers van 20 kinders tussen die ouderdomme van 6 en 7 se ouers steek dan hulle kinders weg in hierdie moerse ge-orkerstreerde hoax waarin hulle glad nie doodgeskiet is deur Adam Lanza nie.
- Jissis, en dan is daar pizza-gate. Dis nou die storie dat Hillary Clinton ‘n underground groep democratic overlords het wat demoniese seks pleeg met met kinders in ‘n pizzarestaurant se basement. Hierdie is nie Jones se eie werk nie, maar hy het die storie fokken wyd promote.
Nee regtig, doccies maak jou slimmer!
Jy kan regtig slimmer voorkom op Facebook as wat jy is deur net die volgende doccies te kyk. Genuine.
We Are the Dream: The Kids of the Oakland MLK
Elke jaar neem honderde kinders regoor Amerika deel aan ‘n festival wat deur Martin Luther King Jr inspireer is. Hulle perform poetry en speeches wat op sy legacy gebasseer is. Die doccie volg die proeses waardeur hulle elke jaar gaan om vir die event voor te berei. True legends wat die wêreld verander en hulle is kinders!
Why We Hate
Kyk hierdie sommer eerste, want dis nog net tot 11 November beskikbaar. Maybe sal dit jou leer hoekom baie mense sulke groot poeste is. Why We Hate explore ons ou simpel mensdom se mees primale emosies – haat. Daar word gebruik gemaak van cutting edge research en stories van regoor die wêreld. ‘n Klomp temas wat ondersoek: die oorpsrong van haat, tribalism, die tools en tegnieke wat ingespan word om te haar, ekstremisme, crimes against humanity maar ook tog – hoop. Daar is altyd hoop.
After Truth: Disinformation and the Cost of Fake News
Hierdie is die enetjie waarmee die meeste kontkoppies gaan sukkel want dis makliker om “lame stream media” te skreeu as om jou brein te gebruik. Hierdie HBO film kyk na die regte lewe nagevolge en negatiewe uitwerking van disinformasie en conspiracy theories. Kak soos “windmeule gee jou kanker” of “5g versrpei die coronavirus. You get it, right? Draadtrek gee jou hare op jou palms.
Hillary
As daar nou een ding is wat ‘n Trump supporter nie kan verdra nie (behalwe feite of die waarheid), is dit ‘n suksesvolle vrou. Kyk, ek het Hillary se autobiografie gelees toe dit destyds in 2003 uitgekom het en jirre, dit was vir my maar fokken boring as fuck gewees, maar baie boeke is boring. Daar het intussen al baie water in die see ingeloop en sy het boonop die popular vote in 2016 teen Trump gewen (hy hou tot vandag toe nog steeds vol dat hy die popular vote gewen het) maar die verkiesing verloor. Hierdie 4-deel doccie kyk na hierdie merkwaardige dog verdelende vrou se politieke loopbaan. Daar is one-on-one interviews, argiefmateriaal en daar word ook gekyk na haar kinderjare in Chicago in die ’50s, haar studentejare wat aktivisme inslsuit en haar tyd by Yale Law School, waar sy vir Bill ontmoet het. Behalwe vir interviews met Hill Dawg self, is daar ook interviews met Bill Clinton, hulle dogter, Chelsea Clinton, voormalige president en yster, Barack Obama, asook staff, tjommies en joernaliste wat haar ontstuimige loopbaan gevolg het. Die reeks ondersoek hoe sy beide die mees gehate en bewonderde mens geword het.
Daar is ‘n hele “box set” van politieke reekse en movies op Showmax. Ons het vandag meeste van hulle ge-cover maar jy kan ten minste nog so 8 gaan uitsnuffel. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk!
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,056,162 post views in totaal sedert 1 November, 2019.