Fokken weird van vir ‘n goose as sy Afrikaans moes wees. Bynes. Wonder of sy met haar Bynes die laities muisneste gegee het? As jy 20 jaar terug nog kinder-TV gekyk het, sou jy haar van The Amanda Show onthou of dalk later as die stem van Tuffy in Rugrats. Dit lyk asof sy bietjie te veel dop en zol geklap het en haar career bietjie ondertoe begin spriral het ‘n dekade terug en sy is sedertdien effens van die scene af. Dit lyk nie of sy vreeslik veel meer werk gedoen het in Hollywood nie en nou eerder op haar business vibes konstreer. Ek vermoed sy smous nou parfuum.
#vroegrypvroegvrot
Watkykjy staan op 2,061,263 post views in totaal sedert 1 November, 2019.