As jy iemand is wat op Watkykjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.
Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.
In die nuutste episode gesels taalkundige, Professor Gerhard Van Huyssteen so bietjie met ‘n Afrikaanse bra van Hollywood – Neil Sandilands. Naas Charlize Theron is Neil probably die bekendste Suid-Afrikaanse akteur wat dit groot geslaan het in Amerika. 7de Laan fans sal hom ken as Bart, hy was Zatopek in Orion maar meer onlangs sou jy hom op Netflix en Showmax gesien het in super evil rolle in The 100 en The Flash. Hy is tans in New Zealand waar hy in ‘n movie act saam met Tom Hanks. Hy het ook gedurende die strengste level van lockdown een van die mees epic Afrikaanse tunes geskryf en ‘n music video daarvoor gemaak – Die Ballade van Frik & Dot, oftewel, “Goue Graal”. Ons gooi die video sommer weer hieronder die podcast in case jy dit nog nie gesien het nie. In hierdie podcast episode gesels Neil met Prof Van Huyssteen oor sy lewe in Hollywood, cancel culture en natuurlik vloek in Afrikaans.
Dis ‘n fokken lekker enetjie:
Watkykjy staan op 3,085,049 post views in totaal sedert 1 November, 2019.