Creator, skrywer en producer, Misha Green, gaan nie heelbo aan jou lys wees van Hollywoodname wat jy ken, of dadelik from the top of your head gaan onthou nie, maar jy ken dalk reeds TV-reekse soos Underground, Helix en Spartacus waarby hy betrokke was by die skryfwerk. Jy ken beslis Sons Of Anarchy en hierop was hy skrywer vir 13 episodes. Die bra se naam word dus nie aan kak produksies gekoppel nie. Met HBO se nuwe reeks, Lovecraft Country, waarvan meneer Green die creator is, is hy besig om vir homself ‘n even groter naam te maak. HBO en topklas vermaak is sinoniem en hulle bring by verre van die beste reekse uit. Hierdie outjie is een van die mees indrukwekkendste reeks wat ek tot dusver in 2020 gekyk het!
Die reeks is gebasseer op Matt Ruff se 2016 boek met dieselfde titel en dis hier waar meeste mense die fout maak en verkeerdelik dink dat die reeks gebasseer op H.P. Lovecraft se weird horror stories. Not quite. Ruff her-raam eerder ‘n paar temas en idees van Lovecraft, eerder as wat hy dit oorvertel, so wanneer jy Lovecraft Country noem in ‘n gesprek rondom die vuur en ‘n tjommie tjip in met “Ja, ek het al sy boeke gelees en die boeke is fantasties!” gee daai tjommie ‘n pielewapper, want hy weet nie waarvan hy praat nie. Hy probeer net slim lyk en gesofistikeerd voorkom.
Lovecraft Country volg Atticus Freeman se storie – ‘n man wat in Florida werk gekry het nadat hy die army na die oorlog verlaat het. Hy keer terug na sy tuisdorp, Chicago, nadat hy ‘n moerse kriptiese en geheimsinnige brief van sy vervreemde pa, Montrose, ontvang. In die brief tune sy pa dat hy Chicago vir Arham, Massachusetts verlaat het het en day hy opsoek is na informasie en leidrade aangaande Atticus se ma se familie, wat blyk ‘n donker geheim te wees. So Atticus, sy oom George en sy vriendin sedert hulle tjokkers was, Letitia, klim in die kar en klap ‘n road road trip om sy vermiste vader op te spoor. Al hierdie speel af teen die agtergrond van 1950 se Jim Crow Amerika – Jim Crow is basically ‘n fancy naam vir apartheid en segregation, in case jy nie daarmee vertroud is nie. Dis dus geen verbasing dat hulle agtervolg en gejaag word deur konterige racist cops wat hulle kak gee nie. Hulle word boonop amper vermoor deur die fokkers.
Aangekom in Ardham, vind hulle ‘n moerse creepy mansionerige tipe lodge, Ardham Lodge, en Atticus verneem sommer ook dat hy ‘n afstammeling is van die lodge se stigter, Titus Braithwhite. By hierdie huis word sy pa ook hostage gehou – hy is vasgeketting in die basement. Die pozzie se huidge eienaar, ene Samuel Braithwhite, beplan ‘n seremonie met al die lodge members wat eintlik ‘n tipe sekte van scorers is wat bekend staan as “The Order of The Ancient Dawn”. Tydens herdie seremonie benodig Samuel ‘n Braithwhite-afstammeling om as ‘n tipe conduit vir ‘n ancient power te dien om ‘n portal oop te maak. Soos jy kan imagine, loop kak lekker fokken skeef. Dit klink nou vir my so bietjie soos ‘n fokken aaklige naweek saam met Vryemesselaars, die Boeremag of ‘n Mighty Men Conference by Klein Kariba…
So begin ‘n stryd om oorlewing te midde van die rassistiese verskrikkinge van wit Amerika, tesame met allerhande skrikwekkende monsters wat uit ‘n sagtebandboek van Lovecraft geruk kan word. Die produksie se period setting van die 50’s en 60s, die locations, props, hare, make-up en wardrobe is ongelooflik geloofwaardig en authentic oorgedra. In terme van die subteks is daar is baie tonele wat fokus op rassespanning en die gepaardgaande gruwels word uiters goed oorgedra. Jy sal nooit ‘n klap-in-die gesig boodskap oor rassisme teëkom nie – eerder ‘n baie goeie aanwending van spanning en angs. Maar bygesê – as jy nie soms bietjie ongemaklik voel in jou eie wit vel terwyl jy die reeks kyk nie, is daar moontlik nie hoop vir jou nie. So bietjie introspeksie het nog niemand doodgemaak nie…
Lovecraft Country is beslis nie ‘n show wat jy gaan binge nie, want elke episode speel af soos ‘n movie. Jy gaan soms bietjie sit en kopkrap. Die horror-aspek van die reeks word fyn gebalanseer met die res van die elemente. Dit maak nie vir maklike of gemaklike vermaak nie – dit gaan jou aan die dink sit. As jy like om jou brein te gebruik en om raaisels op te los, gaan jy hierdie reeks kakbaie geniet!
In ‘n woord, is Lovecraft Country voortreflik!
Ek gebruik die term baie ligtelik, maar soortgelyke reekse wat jy kan kyk of dalk reeds gekyk het kan die volgende moontlik insluit:
Raised by Wolves, Watchmen, The Third Day, Ratched, The Umbrella Academy, The Boys en Stranger Things. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! In vandag se artikel is daar ten minste twaalf genoem!
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,085,040 post views in totaal sedert 1 November, 2019.