As jy iemand is wat op Watkykjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.
Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.
In die nuutste episode gesels taalkundige, Professor Gerhard Van Huyssteen met die fliek-oom, Leon Van Nierop. Leon is al jarrrrrrre besig in die Afrikaanse filmbedryf en meeste van julle skiem hy is net ‘n film critic, maar hy is eintlik veel meer as dit – hy is ‘n akademikus, navorser, draaiboekskrywer, vervaardiger, regisseur en akteur en hy het BAIE cool en interesting stuff om met ons te deel, soos die geskiedenis van vloek in die Afrikaanse filwese asook sy radiodramas en boeke.
Nouma kom ons gooi bietjie ‘n oor:
Watkykjy staan op 3,092,387 post views in totaal sedert 1 November, 2019.