As jy iemand is wat op Watkykjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.
Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.
In die hierdie episode gesels kliniese sielkundige, Elmarie Claassens, met Dawid Minnaar, bekroonde akteur wat bekend is vir rolle op die verhoog, radio, TV en die silwerdoek. Dawid was in rolle ge-cast in 7de Laan, Paradys, Torings, Glaskasteel, Konings, Dis Ek Anna, Die Wonderwerker en Poppie Nongena om maar net na ‘n druppel in die emmer te kyk.
Hulle chat in hierdie podcast episode oor (obviously) vloek maar ook oor moraliteit, emosionele intelligensie en goeie maniere. Ander temas wat ge-cover word is onder andere die dinamiek van dimplomasie en valsheid asook die funksie van vloek op stage en hoe die onnodige gebruik van vloek ‘n teks kan afwater.
O ja, wie sal jy like as ‘n gas op die podcast episodes? Droppit sommer in die comments as jy wil.
Gooi ‘n oor:
Watkykjy staan op 3,085,052 post views in totaal sedert 1 November, 2019.