As jy iemand is wat op Watktkjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Like, vloek jy net wanneer jy die fokken moer in is? Wanneer jy hartseer is? Wanneer jy soos Jack Parow net iets soek om met “poes” te rym? Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.
Terug by die podcast, though. Die episodes sal weekliks op vloek.co.za verskyn op Vrydae en op Maandae hier op Watkykjy. Jy sal hom teen hierdie komende Vrydag hopelik op jou favourite podcast platform kan luister (die podcast gaan fokken orals wees) maar vir nou is dit solank beskikbaar op Spotify. In die podcast van sowat ‘n uur in lengte, gesels Prof. Van Huysteen weekliks met Afrikaanse brasse in die media en entertainment industry. Daar sal interviews gevoer word met ouens in die TV-bedryf soos regisseurs, akteurs en vervaardigers as ook musikante, redakteurs, ander podcasters en joernaliste. Ons gaan almal so saam-saam meer leer oor censorship in ons land, wat die doel of funksie van vloek is en hoe mense op vloekwoorde reageer. Alles as deel van ‘n moerse novorsingsprojek wat wat handel oor vloek in Afrikaans en verwante tale. Like, jy weet seker mos reeds ‘poes’ beteken ‘kat’ en ‘kont’ beteken ‘boude’ in Nederlands, right? Nouma lekker.
Gaan add sommer dadelik hierdie podcast by jou favourites.
Anton Goosen is die heel eerste gas!
Watkykjy staan op 3,049,136 post views in totaal sedert 1 November, 2019.