Ek het julle so rukkie terug vertel van Get Shorty, die reeks, nie die movie nie. As jy dit nog nie ge-nodge het nie – dis fokken lekker! Ek en die goose het hom bietjie te vinnige ge-binge en dit het vir ‘n dag of twee gevoel asof ons uit stuff gehardloop het om te kyk. Dit voel soos wanneer jy net eenkeer per week groceries shopping doen op ‘n Saterdag en dan al die sweets opvreet teen Sondag en fokol vir die res van die week het net. Ons het lusteloos begin rond bounce tussen Netflix, Amazon Prime en Showmax. Ek het eventually Formual 1 Drive to Survive geklap op Netflix. Dis ‘n fokken lekker reeks, al is jy nie into F1 nie, trust my, maar dis nie iets wat die ball & chain saam met my kan of wil kyk nie, so ons het Perry Mason begin kyk en vinnig agtergekom dis een van daai shows waar jy die hele tyd moet oplet in die klas. Ek het dit vroeg in epsiode 1 reeds besef toe ‘n vetgat met ‘n dik tril al skreeuende, kaalgat agter Perry Mason se getaway car aangehardloop nadat Perry sopas ‘n skelm kiekie geneem het van ou diktril wat koek uit ‘n girl se koek vreet. Fokkit.
Ek was van “WOAAAAH! Wag so bietjie….” want soos ‘n doos was ek op my foon besig en ek het baie stuff gemis en nou is hier sulke hectic zaber scenes en dis net kanne en boude. Hierdie outjie verdien intense aandag. Ons het toe eerder die show gestop en besluit dat dit voortaan ons Sondagvermaak sal wees, so een episode per week. Mens kry mos daai tipe shows wat jy nie deur die week kan kyk nie, omdat jou aandag nie 100% daar is nie. Jy kan Perry Mason gerus dadelik begin kyk en ek gaan dit beslis ‘n review gee sodra ek so paar episodes diep is.
So terug op Showmax se main navigation page is daar actually redelik baie nuwe stuff om deur te krap. Die “new season” banners wat oor die reekse se posters se hoeke gedrapeer is en spesifiek Power, se poster het my oog gevang – nie omdat dit striking is nie, maar omdat daar reeds ses seisoene beskikbaar is om te nodge en omdat ek dit somehow gemis het. Fok, ek love dit as ek op sulke bonus treasures afkom. Power is deur creator, Courtney A. Kemp die lig laat sien – dieselfde persoon wat producer en skrywer was vir The Good Wife (2009), so jy weet dat jy in hoeie hande is en dat kwaliteit ‘n moerse prioriteit is.
So wat is Power? Die kort antwoord is dat dit ‘n spannende crime dramareeks en thriller is met skop, skiet, donder, tiete en boude uit die boonste rakke. Spoiler alert – jy mag dalk bietjie moeg raak vir al die kaalgatgeit, want dis about elke 15 minute in jou gesig. Die skrywer het dalk effens van ‘n obsessie, skiem ek. Heel interessant, moes al die lede van die main cast ‘n nudity clause onderteken, wat stipuleer dat hulle nie mag kak en kerm wanneer daar gevra word om kaal te act nie of vleis te wys nie. Jirre! I will die!
Maar ons is hier vir die storie: James “Ghost” St. Patrick is die skatryk eienaar van ‘n high end New York night club. Hierdie bra cater vir die rykgat hoity-toity elites van Manhattan se behoeftes en as jy nou dink aan rykgatte en clubs en New York, gaan jy natuurlik ook tereg tot die gevolgtrekking kom dat snoetspoed nooit te vêr van die party af is nie. Yup, meneer St. Patrick lei dan ook toevallig ‘n dubelle lewe as ‘n kakgevaarlike drug kingpin.
So, aan die een kant het jy die glasryke Mahnattan-leefstyl van die rykes en beroemdes en aan die ander kant het jy die smerige onderwêreld van die berugtes en hulle internasionale dwelmnetwerk. Dan is daar ook die stryd van James St. Patrick wat baie hard propbeer om te ontsnap vanuit sy rol as drug kingpin in ruil vir ‘n lewe as ‘n wetsgehoorsame New Yorker. Ek sou raai dis effens moeiliker as wat dit is om op te hou rook…
Wat my die heel meeste van die show surprise het, was dat 50 Cent die rol van een van die main karakters, Kanan, vertolk en fok my, maar die ou mag maar! Ek het altyd geskiem hy is net ‘n grootbek deur-die-kak rapper wat famous geraak het omdat hy sesduisend keer geskiet is en oorleef het, maar hy act ‘n fokken hond uit ‘n bos uit! Daar is ook toevallig elemente in Power wat gedeeltes van ou Fifty se lewe self ook reflekteer. Die hoofkarakter is byvoorbeeld ‘n boorling van Southside Jamaica in Queens, New York en dis waar 50 Cent grootgeword het in regte lewe ook.
So laaste easter egg – as jy ‘n episode of twee in is en dalk wonder hoekom die apartment block in Power vir jou so moerse bekend lyk, is jy heel moontlik ‘n fan van Gossip Girl (2009), want dis dieselfde gebou wat vir verfilming gebruik is vir daardie reeks. Hier gebeur nou net BAIE meer illegal kak…
Die grootste bonus van Power vir my, is die feit dat daar in totaal net 63 episodes is. Die storie kom tot ‘n einde in season 6. Dis nie ‘n reeks wat gekanselleer is oor stakings in Hollywood, kak ratings of een of ander skandaal nie – inteendeel dis een van daai skaars reekse wat befok aanmekaargesit is met ratings wat deur die dak skiet en tot ‘n konklusie kom.
Check dit gerus uit!
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! In vandag se artikel is daar ten minste twaalf genoem!
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,073,934 post views in totaal sedert 1 November, 2019.