COVID-19 het alles mooi kom opfok vir almal, maar veral vir die entertainment industry wêreldwyd. Dit het Suid-Afrika nogal hard getref, want alhoewel almal altyd tune “local is lekker” het die support oor die algemeen as kriekgeluide gemanifesteer, selfs voor die griepgogga. Suid-Afrika like mos om te suffer. Iemand moes ‘n plan maak en ‘n groep mense van regoor die entertainment industrie het gedurende lockdown se kakste levels, bymekaargekom en saam begin werk aan ‘n plan – PlatformZA.
Meeste van ons kan daarvan getuig dat ons gatvol begin raak het vir artists se een-angle live Facebook videos wat hulle met smart phones skiet en wat hulle nie dwars kan draai nie (fokken landscape, ouens!), kak beligting en angles wat in hulle neusgate opkyk. En wat van die horrible klank en agtergrondgeraas soos hadedas of bikes wat verbyjaag in die straat? Of ‘n kat of ‘n kind wat voor die kamera infok? Check, ek mind nie om ‘n geldjie te gee vir ‘n gig nie, maar dan wil ek ‘n geldjie gee vir ‘n kwaliteit gig, maats. Ek wil ook nie sukkel om vir jou daai geldjie te gee nie. Links wat my wegvat van jou video af help nie regtig jou saak nie.
‘n Oplossing is nou uiteindelik hier! Meer as 200 mense het saamgewerk in ‘n baie kort tyd om ‘n hele paar hoë kwalitiet productions op die spreekwoordelike plank te bring – alles in een app wat jou nie die hele internet laat rondsoek vir video’s of links vir betaling nie. In die app is daar ‘n verskeidenheid categories en sluit goed in soos: musiekprogramme, concerts, comedy, stage performances, lifestyle shows en even ‘n sitkomreeks genaamd Feeskantoor!
Daar is ook so bietjie funding vanuit Australië ontvang om die ouens ‘n push start te gee. Check hoe kom die overseas deur vir die locals?
#hartsmense
Jy sal die app Vrydag ,25 September kan download en jy sal die content op enige smart phone, tablet, smart TV, PC of laptop kan geniet. As jy ‘n epxat is en huis toe verlang, moenie worry nie – PlatformZA gaan nie geo-locked wees soos Netflix nie. Jy sal eg topklas Suid-Afrikaanse vermaak kan nodge daar waar jy Engels teach in Bhutan of waar de fok jy jouself ookal in die wêreld mag bevind.
Content creators – hierdie is ‘n goue geleentheid om jou reeks, movie of doccie die lig te laat sien, mits jou kwalteit aan die PlatformZA-standaarde voldoen. Daar sal ook later live concerts wees wat jy enige plek in die wêreld sal kan kyk. Die locals sal selfs tickets kan koop om die verfilming van die live shows by te woon on location wanneer die tyd reg is. Daar word net gewag vir die corona goggas om fokof, ‘n level om te duik, of ‘n vaccine wat ons almal kom red.
Gaan join solank die PlatformZA Facebook page om op hoogte te bly en check hierdie trailer uit om jou ‘n idee te gee van wat jy kan verwag:
Watkykjy staan op 3,073,920 post views in totaal sedert 1 November, 2019.