Ekstra Medium is ‘n ligte dramareeks van 13 episodes waarvan die episodes elk ‘n halfuur lank is. Hollywood se mense noem hulle hierdie tipe shows gewoonlik dramedies maar Beer Adriaanse wat een van die hoofskrywers van die reeks is, reken dat hulle spottenderwys daarna verwys as ‘n heavy comedy, menende dat die -comedy en drama-elemente daarvan soortvan ewe veel weeg. Na ek die eerste epsiode te siene gekry het, verskil ek effens van hulle, want vanuit my perspektief, dra die comedy-gedeelte die groter skoene. En julle moet my nou maar bo die skrywers glo, want ek is maar eintlik ‘n fokken siniese bliksem…
In kort, verken Ekstra Medium die menslike elemente en die dramakant daarvan deur ‘n humoristiese blik.
Hierdie splinternuwe Afrikaanse reeks sentreer rondom Bertie (gespeel deur Wilhelm van der Walt) wat soortvan in sy derde midlife crisis intuimel. Sy vrou los hom, maar sy noem dit ‘uncoupling’, want sy het Gwenneth Palt dit eenkeer hoor sê. Boonop het vroulief ge-cheat op die arme Bertie rn dit met een of ander nool met ‘n man-bun. But wait, there’s more! Bertie het ook vir sy vrou se pa gewerk, so by default is sy job nou sommer moertoe! Die arme bra is uit op sy ass en loop letterlik uit die verhouding uit met ‘n kleretas in die een hand en sy disco ball onder die ander arm. Jy het moontlik self al ten minste eenkeer in jou lewe hierdie movie sien afspeel in die regte lewe: alles fok uit en in baie sulke gevalle word die ou wat die wêreld op sy skouers moet dra, die familie se fokken probleem. Bertie se stand van sake val netjies binne hierdie kategorie. Hy klop aan by sy suster se huis en teen hierdie tyd kan jy probably reeds reg raai dat hy sy welcome gaan overstay. Ek is nie seker wat die regte Afrikaans vir “overstaying your welcome” is nie, maar Google Translate reken dis oorblywende u welkom wat nie eers sal sin maak as jy dit in ‘n soutie-aksent sou sê nie. As jy proper Afrikaans sou soek om te skimp, of iemand mooi te laat verstaan dat hy besig is om jou drempel effens té gerieflik deur te trap, sou dit iets in die lyn wees van:
“Kom ons gaan slaap liefie, jou broer lyk of hy wil fokof!”
Afgesien van Bertie se ontydige nuisance-faktor, het sy suster en haar man ook maar hulle eie huweliksprobleme wat dalk later in die reeks meer duidelik sal raak. Ten minste bied hulle angenome kinders baie comic relief ook. In een scene tune die boetie sy sussie sommer straight. Hy point eers na haar gesig en dan na haar bors: “Daai is nie muskietbyte nie, DAAI is muskietbyte!”
Terug by ou Bertie wat so bietjie uitmekaarval – in ‘n poging om sy lewe te re-invent en betkenis te gee, koop hy ‘n ou perseel met sy laaste spaargeld in die hoop om dit in ‘n cocktail bar te omskep. Die gebou is vir hom van moerse nostalgiese belang want dis waar hy as tiener saam met sy beste tjommie dikwels gaan skateboard ry het en ingebreek het. Dit is dus eerder ‘n impulsiewe hartsbesluit as wat dit ‘n deurdagte besigheidsbesluit is. As jy op daai levels van ‘n midlife crisis op so wyse met jou zak te kere gaan, is dit naturlik ‘n moerse resep vir ‘n total disaster; nie net vir jouself nie, maar vir almal na aan jou. Dink bietjie daaraan vir jouself – hoeveel van jou vriende (of jyself dalk) skiem dat die perfekte vroeë aftrede sou wees om ‘n bar op ‘n beach oop te maak? Ek kan dadelik aan ten minste vyf van my eie pelle dink wat skiem dat daai die ultimate middelvinger vir die rat race is, sou geld of geleentheid hulle toelaat om te doen net waddefok hulle wil. Bertie is daai ou en omdat hy op sy suster se nek lê, sleep hy haar ook per ongeluk, of laat eerder sê, by default in by sy halfgebakte en deur-die-kak plannetjies…
Afrikaanse vermaak het al ‘n ver pad gestap sedert die Orkney Snork Nie-dae en Leon Schuster se mombakkies en poep-grappies. Ekstra Medium se produksie is van uiterste hoë gehalte. Dit is ooglopend dat daar moeite gedoen is om indrukwekkende stelle te bou maar daar ook in die buitewêreld en op locations verfilm en gefokus dit maak ‘n moerse verskil aan die overall look & feel. Dis ‘n algemene kennis dat Suid-Afrikaanse produksies amper altyd sonder uitsondering, deur begrotingsbeperkinge gekniehalter word, wat beteken dat scenes gewoonlik opeindig as twee mense met kak make-up en wardrobe wat met met mekaar sit en tospraat in swakbeligte kamer. Die feit dat Ekstra Medium die karakters toelaat om met die buitewêreld interaksie te hê, lig die produksiewaarde aansienlik.
Die dialoog voel ongeforseerd, afgerond en moeiteloos – die karakters praat soos ek en jy en dit maak die reeks meer geloofwaardig as jou run-of-the-mill Afrikaanse produksies. Ekstra Mediumslaag ook ook daarin om die verhaal van ‘n generasie te vertel – die verhaal van die leuen wat hulle gevoer is dat hulle “enige iets kan doen of kan word en oor niks hoef te worry nie” en gevolglik nou in die kak is. Die wêreld is nie almal se oester nie, maar aan die positiewe kant kan die reeks selfs as ‘n hanteringsmeganisme funksioneer vir dié van julle wat self dalk tans met ‘n soorgelyk krisis worstel.
In sy kern is dit ‘n storie oor familie en deel voel van ‘n gemeenskap, propvol aweregse karakters en situasies. Dis die verhaal van iemand wat kop bo water probeer hou in ‘n moderne Suid-Afrika wat soorvan besig is om uit mekaar fok en jy kan jouself dalk ook iewers in middel hiervan sien.
Wat ek van die reeks wegvat is:
“Ek maar is hier in die middel rond. Ek is nie kak nie maar ek is nou ook nie ‘n fokken superwese nie. Ek is so ekstra medium en ek is fine daarmee. Ek is happy met wat ek het en ek sal okay wees.”
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! In vandag se artikel is daar ten minste twaalf genoem!
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,118,394 post views in totaal sedert 1 November, 2019.