As jy iemand is wat op Watktkjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.
Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker. As jy verlede week die eerste episode met Anton Goosen gemis het, kan jy hom hierso luister.
Professor van Huysteen word ook soms uitgehelp deur die Joburg-sielkundige, Amalanka Chardonnay en met episode twee is dit juis die geval wanneer sy bietjie by Amanda Strydom kuier. Vir die jongspan by die huis: tannie Amanda is ‘n bekende sangeres, kabaretster, radio-omroeper, skrywer, akteur en TV-ster. In hierdie episode van Wat die vloekwoord gesels sy met Amalanka oor haar grootwordjare, uitdagings en taboes gedurende en rondom haar kleurryke loopbaan sowel as haar psigiatriese diagnose en die Amandla-insident van 1986.
Watkykjy staan op 3,065,757 post views in totaal sedert 1 November, 2019.