Casper de Vries entertain Suid-Afrikaners nou al vir bykans 4 dekades lank. Jy kan maar vir die meerderheid Afrikaanse grapgatte in ons land vra wie hulle ge-inspireer het om te doen wat hulle doen en dis ‘n given dat Cassie op elkeen van hulle se lys sal wees. Moontlik heelbo aan die lysie. Dit geld vir websites soos Watkykjy ook.
Meeste van ons het vir Casper leer ken deur sy live show specials wat op Mnet en SABC uitgesaai is en sy DVD opnames van hierdie shows was veral moerse gewild in die 90s. ‘n Hele paar kaksnaakse en suksesvolle reekse het ook gevolg soos Die Casper Rasper Show in 2001 waarin Casper de Vries die draak steek met al wat leef en beef en jou laat fokken hardop en lelik lag met sy satiriese kommentaar. In 2003 was daar die reeks Haak & Steek, wat basically fok met soapies. Jy sal veral die karakters van Blertsie en Hanno Gelderblom onthou. Fast forward ‘n dekade vorentoe (2010) en Casper is terug met Casper Rasper Weer waarin hyself, Karen Wessels, Marion Holm en Pierre Breytenbach kaksnaakse comedy sketches pleeg. Daar is ook surprise guest appearances deur bekende local akteurs, sangers en glanspersoonlikhede in elke episode.
In die afgelope dekade kon jy Casper raakgeloop het op Comedy Central waar sy Suid-Afrikaanse Engelse fan base moerse gegroei het. Yup, dis souties smaak hom ook. En dan was hy vir so paar jaar lank ook op Gareth Cliff se Cliff Central (ons het self tweekeer daar by Casper gaan inloer as gaste), so tussendeur sy sold out comedy stage performances en rolle in movies soos Konfetti en Snaaks Genoeg. Ek was nog nooit self groot op Afrikaanse kykgenot op DStv, Via, KykNet of Showmax nie, maar elke keer wanner Casper de Vries iets nuuts opkook en op daar vrystel, is hy vir my ‘n moerse trekpleister na daardie kanale en platforms wat my actually met ander oë na Afrikaanse vermaak in die algemeen laat kyk. Casper is ‘n fokken aanwins. Dis nie dat hy soseer deel van die spreekwoordelike furniture op Afrikaanse TV is nie, maar eerder die poes fancy nuwe couch wat die vertrek ophelder.
En dit, liewe (wat)kykertjies, het hy nou juis weer vermag met sy splinternuwe komediereeks, Cas Oppie Kassie. Dis ‘n baie clever konsep van ‘n klomp shows within a TV show wat van sy snaaksste bestaande karakters terugbring saam met skreeusnaakse nuwe sketskarakters. Die program neem die vorm aan van Oom Kallie Marie en sy hot nurse wat voor die TV sit en ‘n klomp shows kyk. Die kykgenot skop gewoonlik af met funny kak wat hy met sy eie stem dub (CasDub) bo-oor bestaande TV-reekse soos Getroud met Rugby, Suidooster, Glam Guru, Voetspore en Maak My Famous. Daar is even ‘n skets waar Villa Rosa ‘n Nederlandse make-over kry. Dit herinner nogal baie aan Watkykjy se eie Bizarre Bedonderde Donderdae – iets wat ons probably sal moet terugbring een of ander tyd sodra ons weer eendag tyd het. In ‘n ander insetsels is een van sy ou karakters, Blertsie, nou ‘n kranige ASMR YouTuber, Montelle is terug met fashion en Hanno Gelderblom gaan kuier in so paar episodes by die Ellispark Rugbymuseum terwyl hy brannas sommer so uit die bottel kap. Natuurlik is daar ook ‘n nuus-insetsel, C-Nuus asook ‘n kaksnaakse animasiereeks, Con se Storie wat oor ‘n faktap Afrikaanse dominees en sy gesin gaan. In Vloekskoot het Casper ‘n nuwe karakter, Renier Ferreira, wat saam met Hemelbesem vloekwoorde en hulle oorsprong bespreek.
Die flagship-gedeelte van hierdie reeks is egter Die Laager. Hierso kap Casper soos ‘n windgat kat aan Survivor South Africa se ballas. Hy speel die rol van Chappie Greyling wat hierdie reality show se presenter is: “Agt deelnemers, drie ossewaens, sewe sakke sout!”. Dis die Groot Trek, Survivor-style. “Dit gaan oor die mag van die natuur wat jou laat bly of gly!”
Die Laager is fokken netjies geskiet en die kamerashots en directing se nuances herinner baie sterk aan Survivor, so jy sal dadelik aanklank daarby vind as jy ‘n Survivor-fan is. Bekende akteurs en aktrises is ook in hierdie gedeelte van die reeks: Mila Guy (my heel genusteling SA aktrise wat jy ook in Hotel kan sien) as Karien Koelendber – die een-oog bibliotekaresse van Alberton asook seisoen 1 Die Laager-deelnemer; Schalk Bezuidenhout as Hendrik Reitz – ‘n taksiderdmis en digter is (wat die fok van ‘n combo is dit?!!). Die res van die contestants op Die Laager is: Brummel Nel (influencer, gespeel deur Arno Greeff), Siebert Van Eden (‘n bloemis, gespeel deur De Klerk Oelofese, ook van Hotel), ‘n oubekende De Vries-karakter, Bitch du Toit (oujongnooi), Jerome Bekker (bakker), Sam Muzza (MMA afrigter), Annemarie White (kunstenaar) en dan natuurlik Oom Diftong wat die ossewa bestuur en die deelnemers aanry.
Cas Oppie Kassie gaan jou beslis in ‘n baie beter bui sit as jy kakkerig voel, veral as jy gatvol is om van die huis af te werk en ‘n break kort met al hierdie COVID-kak. Jy gaan mooi moet luister of jy gaan baie moet pause en rewind want elke episode is choc-‘n-block gelaai met punchlines en baie flymskerp dialoog.
Hopelik kry hierdie reeks iets soos agt seisoene sodat ons nie weer vir ‘n fokken dekade lank moet wag vir ons dosis Casper De Vries nie.
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! In vandag se artikel is daar ten minste twaalf genoem!
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,074,287 post views in totaal sedert 1 November, 2019.