Maak “Little Fires Everywhere” met Reese Witherspoon en Kerry Washington jou kykgenot vir die naweek!

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Little Fires Everywhere is die pennevrug van Amerikaanse skrywer, Celeste Ng, wat met haar heel eerste boek in 2014, die Amazon Book Of The Year gewen het (Everything I Never Told You). Sy het so paar award-winning short stories ook neergepen maar gaar tweede vollengte novel en best seller, Little Fires Everywhere, het in 2017 verskyn en is in ‘n TV-reeks omskep wat nogal ‘n pretty big deal is. Hoedefok druk mens so baie sukses in minder as een dekade? By the way, as jy struggle met die woord “pennevrug” beteken dit jy lees nie regtig baie nie. Dis OK, dis hoekom movies en TV-reeks van boeke af kom, spesiaal van mense wat nie like van lees nie. Jy weet… movies en Tv shows kom van… boeke af… right?

Check net hierdie befokte intro:

Little Fires Everywhere volg die verweefde en verwarrende lot van van twee uiteenlopende gesinne – die picture perfect (en op die oog af) sorgvrye lewe van die Richardson-familie en die enigmatiese African-American ma-en-dogter-span, die Warrens. Die storie delf diep in temas soos die gewigtigheid van geheime binne jouself ronddra, die worsteling met self-identiteit asook ouerskap maar meer spesifiek moerderskap. Natuurlik die hele single parent/absent father vibe ook. In die kern egter, lê die onwrikbare geloof dat mens alle rampe kan voorkom deur bloot die reëls te volg asof dit die tien gebooie is. Dis juis hoe fokops gebore word. Thoughts en prayers gaan daai kak nie fix nie, my bra.

Hierdie show is ‘n aangrypende limited dramareeks wat Reese Witherspoon en Kerry Washington direk teenoor mekaar in die hoofrolle plaas en net soos met Big Little Lies, is Reese fokken fantasties in hierdie rol. Maar… jy gaan haar nie vir ‘n fok like nie. Of altans, jy gaan nie ooghare hê vir haar karakter, Elena Richardson nie, want dis die tipe force of nature wat Reese in haar acting is. Haar karakter, Elena is ‘n fokken giftige vrou en jy gaan haar beslis verafsku, reeds baie vroeg in die storielyn in. Fokol simpatie hierdie kant nie. In fact, as mens die storielyn slegs vanuit die karakter van Elena Richarson se oogpunt sou beskou, kon die show se naam net sowel Little Karens Everywhere gewees het. Ek meen jirre, selfs wanneer haar man probeer romanties taak met haar, tune sy hom dat dit nog nie Saterdag is nie, waarop se response is dat dit totally cool is om op enige ander dag van die week ook te naai. Die stomende gulpvrugpolka is nie uitsluitlik vir Saterdae beskore nie! Haar antwoord? Fok jou, buddy, geslagsomgang is meer pret wanneer dit haarfyn beplan is. Fooooook!! Ek kan nie met haar nie. Die dynamics met haar kids is ook effens fucked maar ek wil nie te veel weg gee nie. Ons almal het probably ‘n tjommie met so ma gehad toe ons kinders was. Jammer om te hoor as dit dalk jou ma was…
Aan die ander kant van die  storie, het ons vir Kerry Washington wat ook fenonimaal was in die hoofrol van die thriller reeks, Scandal asook movies soos Save The Last Dance en veral Django Unhcained waarvoor sy ‘n BET Award gewen het vir Best Actress.  Nou kyk, kom ons kry solank die complaints uit die pad uit oor haar karakter, Mia Warren, want jy gaan altyd huilerige mense kry. Mia is ‘n vrou wat meestal wroeg. Wroeg beteken basies dat jou gesig lyk asof jy kak ruik terwyl jy uie skil. So yes, Kerry Washington se gesig gaan meestal huilerig lyk soos die mense wat daaroor complain. It are called acting en jy moet die karakter se verlede in ag neem en dan sal sy verstaan hoekom die reeks ‘n moerse goeie rating het. Mia se karakter is met ‘n doel heavy melancholies want dit kom vanuit ‘n plek en ‘n lewe van pyn, hartseer en disconnect. Dis hoe Celeste Ng die boek geskryf het en dis hoe Kerry haar werk as actress doen. In fact, hier is vir jou nog waardevolle agtergrondsinliging: in die boek was daar geen direke verwysing na ras vir Mia se karakter nie want Celeste Ng het gevoel dat sy nie namens ‘n ander ras kon praat nie. Sy was baie versigting en dis actually baie slim gedoen. Om Kerry Washington te quote:

When I met Celeste Ng, the writer, for the first time, she actually admitted to me that she had always thought of Mia as a woman of color, and that she had been drawn to the idea of writing Mia as a black woman. But she didn’t feel like she had the authoritative voice to do that in the right way. And so she was kind of vague about her race in the novel. So it was exciting that we were in step with Celeste in diving into the places where she wanted to to grow out the book in ways that already lived in her.

Die storielyn van elkeen van die jonger rolverdelings is ook kragtig en hulle vertolk hulle rolle met oortuiging om die verhaal geloofwaardig oor te dra.  Ek wil nou nie hamer op Big Little Lies, net omdat Reese daarin was nie, maar Little Fires Everywhere is insgegelyks ‘n befokte reeks om te kyk vanweë die limted series formaat. Dit het ‘n begin en ‘n einde en jy kan gewoonlik tot jou eie gevolgetrekkings kom. Daar is 8 episodes van ‘n uur lank elk, min of meer, so jy kan hierdie outjie sommer oor die naweek binge. Dis perfek vir mense wat dalk nie DStv het nie, maar wel tot Showmax subscribe, want die DStv subscribers moes ‘n week lank wag vir episodes, hot van Amerika af toe die reeks aanvanklik vrygestel is wêreldwyd.

Soms is die wag lekker en soms wen die binge. Beide het hulle voordele. Ek is ‘n fan van beide.

Hierdie naweek, binge ek egter laat die kak wit sit:

Die vinnigste en maklikste manier om befokte shows op te spoor vir jou naweek se kykgenot is om na die “featured” section op Showmax te gaan. 

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Hierdie post is 158 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,336,618 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinMaak “Little Fires Everywhere” met Reese Witherspoon en Kerry Washington jou kykgenot vir die naweek!

Gooi Comment