Moderne musiek.
So voorspelbaar soos die All Lives Matter vs Black Lives Matter-debat op sosiale media. In ons gerepte moedertaal, daarby. Julle ken die nuwe, nuwe autotuned liedjies met tos lirieke en diepkeeldeuntjies. Van braai, brandewyn en bokkies in hulle kort flappende rokkies wat net rugbyhelde wil zaber. Dis in jou verdrietige TV shows en op jou huis-toe-ry radio. Dis orals.
Ons kan beter doen, my fok!
Ons soek meer karakters met ontoereikende siele. Dames, sonder perfeksie waar mans geen kat se kans het nie, al probeer hulle hoe hard ook al. Hulle bekorende stories moet slinks in ons ore ontrafel.
Nou, meer as ooit, is liedjieskrywers broodnodig. Hulle wat jou opraap en gaan aflaai in ‘n ander wêreld. Dié wat jou ontvoer uit jou comfort zone en gevangenis hou daar waar jy gaan sidder en beef van vrees. Of in ‘n hartseer waan net sit en snik en sanik terwyl jy die woorde oor en oor prewel.
En toe stop iemand ons ‘n verwaarlose koevert in die kloue.
Dis iets wat ons uit die bloute ontvang het en dit was ‘n aangename verrassing om iets heeltemal anders vanuit ‘n nuwe oord wat ook ‘n ou oord is, te ontvang. En dan raak jy half skuins befok omdat meer mense nie sulke moeite met kuns doen nie. En jy raak dan nôg meer befok vir die rokkie-bokkie-holstokkie-my-bakkie-is-‘n-trokkie-konte.
Enter Frik en Dot. Of die ballade daarvan. So iets.
As jy wil weet wie Frik en Dot is, moet jy eers bietjie jou broek vashou, want Neil Joseph William Sandilands (ja, die Afrikaanse Suid-Afrikaanse Hollywood-man) en sy gruwelooslike musiekbende gaan Die Goue Graal eers die tiende Julie voor jou laat neerdaal. Dis DV volgende Vrydag, gemeente en mede-heidene.
Wat is die Goue Graal? Dis ‘n ongenaakbare Moordernaarskaroo wat ‘n fok voel. Dis ‘n tipe mistieke boer. Dis so paar duisend perde onder die enjinkap. Dis Tarentino in Afrikaans. Dis Bony & Clyde wat plattlandse poesklappe uitdeel. Dis daai hoerviool in elke western fliek se saloon. Dis vuil rondnaaikitaar.
Dis net mooi…
Ons kan jou meer vertel, maar dan gaan ons, met voorbedagte rade, moet saamsweer en mekaar eers weer raakloop in die hel met ‘n warm whiskey.
So tel maar eerder vir nou net die dae in spanning af…
*aanhoudende fokken bose lag*
Watkykjy staan op 3,073,778 post views in totaal sedert 1 November, 2019.