Fix the Machine en kry vir Paul Riekert van Battery9 weer op sy voete!

In Aankondigings deur griffinRek jou bek

As jy in die 90’s of 2000’s by Oppikoppi was, sou jy seker die magtige dreuning wat Battery 9 is, onthou. Al kon jy niks anders van Oppikoppi onthou nie, het Battery 9 steeds sy industriele stempel in jou auditoriese korteks afgedruk. Met ‘n soniese PK wat die verste doringbome in Mordor laat bewe het.

Ongelukkig het onse liewe maatjie, 2020, in sy ewige doosheid besluit om vir Paul Riekert, die meesterbrein agter Battery 9 ‘n PK van sy eie toe te dien. Paul moes in Junie ‘n noodoperasie ondergaan en hy het baie amper sy lewe verloor. Jy kan hier meer daaroor lees:
http://battery9.co.za/
Ek is verheug om aan te kondig dat Paul besig is om goed te herstel van hierdie PK. Ongelukkig is hospitaaluitstappies baie duur en dit het Paul met ‘n mediese rekening gelaat van Nkandlaniese proporsies.

Aangesien die lockdown ook nog verder sy tol eis op mense wat aangewese is op inkomste in die vermaaklikheidsbedryf, plaas dit nog meer druk op die situasie wat hierdie legendariese Afrikaanse musiek-ikoon homself tans in bevind.

Daar is ‘n GoGetFunding inisiatief begin om vir Paul te help en in die gees van ubuntu, good vibes en alle derglike dinge, vermaan ons graag almal wat in staat is, om ‘n bydra te maak om vir Paul te help. Pretty fucking please, with sugar on top!

Anders, as jou zak bietjie min is, kan jy hierdie befokte ep van Terminatryx koop wat bestaan uit die remixes en collabs wat Paul saam met hulle gedoen het. Alle opbrengste van die $9 EP word geskenk om die mediese koste te help dek. $9 is ongeveer so R140. Dis jou Dinsdagdrankgeld.

As jy nóg minder geld het, gaan luister kakbaie Battery 9 tunes op al die streaming sites sodat daar darem bietjie cash flow van daai kant ook af inkom.

So, gee jou drankgeld vir Battery 9 en Fix the Machine. Dis die regte ding om te doen.

Hierdie post is 415 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,260,892 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 3
  •  
  •  
  •  
  •  
    3
    Shares
  •  
    3
    Shares
  •  
  • 3
  •  
  •  
  •  
griffinFix the Machine en kry vir Paul Riekert van Battery9 weer op sy voete!

Gooi Comment