Die See in die Solder se voorafopgeneemde video wat op STRAB se Facebook page ge-stream is verlede Sondagaand, het my net weer excited gemaak oor wat tegnologie vir kuns kan doen. Die interview daarna, wat met tye skreeusnaaks was, het my ook weer laat besef hoe vinnig kunstenaars moet aanpas nou. Wat by Jaco Mans se idee begin het, is deur die res van die diepseeduikers en die fotograaf en dosent Alet Pretorius (met beperkte hulpbronne) na ‘n next level produksie ontwikkel.
Live streaming is cool en dit probeer obviously die live experience namaak, soveel as moontlik, maar dis nie die enigste opsie nie. DVDs met spoggerige produksies was in die verlede net deel van die arsenale van bands wat platemaatskappye met groot bankbalanse agter hulle gehad het. Of onafhanklike kunstenaars met ryk ouers. Tegnologiese ontwikkelinge begin nou dié formaat al hoe meer bekostigbaar maak, wat beteken dat baie meer kunstenaars nou self die perke van kinematogrofie kan beproef, mits hulle die vermoëns en die nodige toerusting het. Die COVID-19 era het ook veroorsaak dat online konserte en videos deur aanhangers aanvaar word as ‘n legitieme vermaaklikheidsvorm. So, nou kan hulle dit of self doen en saamwerk met ander sosiale media platvorms (in hierdie geval STRAB) of steeds die ou model volg waar groter produksiemaatskappye klomp bands bymekaarkry en ‘n moerse show aanmekaarslaan. Soos byvoorbeeld die ‘I are Groot’-bedryf.
Either way, the sky is the limit.
Iets waaroor ek al jare lank moan is die min dokumentering oor rock ‘n roll wat plaasvind in SA. Oor twintig jaar, as Die See ‘n klomp ou ballies is, gaan hulle wil terugkyk. Hulle fans gaan nostalgies raak oor die goeie ou dae. Gaan daar genoeg informasie wees om die stories effektief aan hulle kleinkinders en agterkleinkinders oor te dra? Interviews kan nou online gedoen word met Zoom en dit bly behoue vir die nageslag op die interwebs. Wat van bands maak hulle eie documentaries? Die publiek kan self besluit wat goed genoeg is om behoue te bly oor die jare. Musiekjoernalisme is beperk in ons land en dien meestal net as information hubs en nou en dan as objektiewe klankbord.
Toeganklikheid. Jy kan nou vir enige iemand speel in die wêreld. Daar was selfs iemand in New York wat ingetune het tydens hierdie stream. Dit help natuurlik as ‘n band ‘n paar vreemde wesens soos Henry Cadle Ferreira en Dylan Graham as lede het. Die interview het heel normaal begin met Baas de Beer en Conrad Jamneck wat leiding geneem het, maar toe fok alles mooi pragtig uit. Jason Hinch het wel ‘n goeie vlak van normaliteit probeer behou. Ha! Soortvan. Interresante karakters met weird humor is baie entertaining en dit kan nie nageaap of beplan word nie.
Die See se musiek het weer ‘n klassieke prog-rock vibe maar as jy dit net gaan vergelyk met Pink Floyd, dan luister jy nie mooi nie. Daar het baie meer water in Die See geloop sedert die sixties en seventies. Drum roll! Badum-tish! Dit is die perfekte musiek om te kombineer met ekperimentele visuele beelde en ander kunswerke in die agtergrond. Paar van hulle tjommies se kuns was ook deel van die show. Die See se titelname en lirieke is vir seker ‘n breinzaber. Staaltarentaal? Die Afrikaanse weergawe van Led Zeppelin, of so iets. Wat inspireer hulle musiek? Behalwe nou vir die roomys wat in Henry se kop smelt? Skaakspel, appels en engines, ou stuff en musiek wat in die huis stof vergaar tydens lockdown, en al hulle diere, waarvan Sabbath, die woefie, die grootste rock and roll liefhebber blyk te wees.
Hoop daar is nog baie meer van hierdie produksies op pad. Vang hierdie golf en check dit uit!
Watkykjy staan op 3,064,240 post views in totaal sedert 1 November, 2019.