Ek verduidelik in die week vir my buurman wat reg langs my bly (terwyl ons meters van mekaar af natuurlik) ‘n vinnige gesprek aanknoop, hoe van die streaming platforms werk. Ek kon agterkom dat wat hom die meeste verbaas het, is die digitale samesyn wat ons rock and roll liefhebbers tydens lockdown beleef. Tech is befok, maar daai gevoel van aanvaarding is die ultimate shit! Al is dit net in die kuberruimte. Vir nou.
Van Saterdag se Bootstraps festival in die OMG dungeon met Warongx, Willim Welsyn Band, Mr. Cat and the Jackal en Valiant Swart Band tot Albert Meintjies se gig reg voor ‘n ongelooflike mooi strand scene in Glentana oor na Adele Nqeto en Robin Brink se show iewers uit ‘n woonstel in Berlyn en weer terug in Mama Afrika by die Akkedisse se session uit hulle bandroom in “Somerset Wild West” uit.
Dit was my streaming week gewees en great tunes om die eensaamheid beter te maak! Om Arthur Dennis te quote oor hulle sacred plek: “Dis waar kitare en amps gaan om te vrek. Piet se ou amp en Valiant se ou Marshall het daar kom lê. Links is ‘n brass bed met porseleinhoeke wat Michelle Maclean gewen het as Mej Suid Afrika”. Dit gaan nie net oor die befokte musiek nie. Die kunstenaars deel hulle siele en binnekamers met die wêreld. Ons mag miskien almal verskillend wees in ons uitkyk op die lewe en ook hoe ons aanmekaargesit is maar sonder die musiek is ons sielloos en sonder ‘n gemeenskap is ons doelloos. Die liefde vir kuns hou ons gebonde en hopelik maak dit ons meer oorspronklik en real so along the way.
Teen dié tyd weet julle al hoe werk die streaming shows en wie kry watter deel van die pie, so vandag is my enigste bydra net dit: showbiz en tech is iets om na te streef maar dit sal ‘n fout wees om die samesyn vanselfsprekend te aanvaar. O ja, een van ons brothers het ‘n lelike ding oorgekom. Albert Frost het sy hand six-love opgefok so per ongeluk. Te veel tyd om house chores te doen is gevaarliker as die road.
Support die bra se recovery fund as jy kan by
Albert Frost (Pty) Ltd
ABSA Bank 632005
Account nr 4098442355
Cheque account
Email: frostalbert@gmail.com
PayPal.Me/albertfrost440
Watkykjy staan op 3,073,831 post views in totaal sedert 1 November, 2019.