Dinge raak al hoe besiger, nê. So, ek gaan net so vinnige een vandag gooi. So many streams so little time.
Wie het my moerse beïndruk die afgelope tyd? Die Coelacanth Drinking Club se live stream Saterdag op die Homestage platform was jare se pret. Jaco Mans het ge-joke dat baie van die songs Die Bones se B-span materiaal is maar daai brasse saam het solid talent, net baie minder pressure en meer akoestiese Americana vibes. Hulle drink nou al lank genoeg saam om dit soos die real-deal befok te laat klink. Ek het ‘jam’ bedoel, hoor *knipoog* en ja, alkohol is weer terug in volle swang. Weet nie of dit ‘n goeie of slegte ding is nie. Ha!
The Black Cat Bones se live stream Sondagaand was next level en dis my gunsteling show van die week. Alweer ‘n baanbrekersessie. Hierdie keer te danke aan die Urban Sessions platform en natuurlik Die Bones wat hulle A+ game gebring het. Not one weak song in the entire set! Gareth Wilson was ‘n guest artist en die Be the Lion tune van Southern Gypsy Queen se dae groei al meer op my. Baie attitude, die spul. Die Bones was net fokol lus vir interviews nie, al het Adriaan van As so tussendeur die aanbieding sy bes probeer. After lockdown, they came here to rock and not talk shit.
Maar ja, die innovering hou net aan en aan, lyk dit vir my. Ek kon eers gisteraand by Bittereinder se show uitkom, wat Vrydagaand live ge-stream was (ook deur Urban Sessions) maar dit was ook befok. Ek love die pay-on-demand opsie. Dis soos die PVR of Box Office van live music streams. Dit gaan al hoe meer relevant raak soos wat dinge weer na “normaal” toe terugkeer, dink ek. Blues rock en EDM hip-hop is twee uiteenlopende genres so dis moeilik om dit te vergelyk maar as ek my kop op ‘n blok moet sit, was Jaco van der Merwe, Peach van Pletzen en Louis Minnaar net kort op die Bones se hakke. Die platform gee baie meer spasie aan die kunstenaars om rond te bons en dié kulkunstenaar producers het allerhande hasies wat hulle uit hulle towerhoedens kon pluk om julle breine te fop sodat julle dink julle is genuine by ‘n live show, jy sien? Moerse goeie beligting, befokte klank, uitstekende kamerawerk en slim positionering. Die Bones se sirkel stance het kwaai gewerk en Bittereinder se water op die vloer ook. Ek het gewag vir iemand om te gly en ‘n gat in sy hol te val so onder die kakgroot discoligte. Daai monstrocities doen net iets magical aan jou sinne wat ek nie mooi verstaan nie.
Maar ek sê weer, as die performance self jou nie kan intrek nie, gaan al die truuks in die wȇreld jou nie kan help nie. Emosie. Dis wat ons op die ou einde wil beleef. Jaco van der Merwe het ‘n akoestiese set ook gedoen en een gedig gelees oor in-en-uitzoom wat baie van toepassing is op die geïsoleerde lewe wat ons tans beleef en dit het hom bietjie bewoë gemaak. Dit mag dalk nie beplan gewees het nie, maar dis show biz. Emosie. As Kobus de Kock Jnr of Andre Kriel in een van hulle trances ingaan terwyl die musiek ‘n peak bereik wat ontketen dit? Lights, Camera, Action, Emotion!
Ek voorspel kunstenaars gaan nou meer as ooit te vore experts hierin word. Ciao, tot volgende keer
Watkykjy staan op 3,091,024 post views in totaal sedert 1 November, 2019.