Lockdown. dag 49. Amper by 50. Sonder volledige informasie van Government het ek nie juis veel om oor Covid-19 te sê nie. Wie weet wat aangaan? Ons kyk maar Noord en fok voort.
Al wat ek weet is dit stroom soos ‘n droom met my nuwe 5G router! So wie het ek nou weer ge-oog? Of ge-oor? Eerstens, Anton Goosen het sy derde Liedjieboer Lockdown konsert 2020 gehou hierdie naweek wat verby is. Hy het ons vermaak met ‘n paar awesome classics en dit was heerlik om die ou favourites soos Kruidjie-Roer-My-Nie en Stellenbosch se Nonnatjie te hoor. Wat nog van al die stories daaragter. Ja, die Staatsamptenare maak nog steeds of hulle werk, nê. Bielie van die Bosveld! “Sterk soos ‘n leeu, en so groot soos ‘n os. Die hare groei soos doringdraad op sy…bors.” Jis, ek het al amper vergeet van Ta’ Mossie se Sakkie-Sakkie Boeredans. Al hierdie songs was so deel van my kinderjare soos braaivleisvure, krieket in die strate en wegkruipertjie. “Kar!” Ook interessant gewees om die Liedjieboer se belewenis van live stream konserte, verlede Paasnaweek in Gansbaai en die hele Covid-19 lockdown affêre te hoor.
As jy nog nie het nie gaan check dit uit en gooi ‘n paar Randelas in die virtuele hoed.
Ronnie van Dyk van Georgetown het ‘n uitstekende cover gedoen van Led Zeppelin se Going to California op sy facebook page gegooi. Dié van julle wat my ken sal weet ek is vol kak as kunstenaars die band cover. Maar hierdie is rêrig uitstekend gedoen. Daai hoë note. Lekker, Renaldekoker!
Saterdagaand het ek na Jacques Moolman se benefit concert vir die staff van die Hello Pablo Group gekyk. Dié van julle wat in Mellville uithang sal weet van die Pablo-Eggs-Go-Bar. Almal het nou hulp nodig en elke bietjie help. Die show was great met of sonder sy voice effects. Hy makeer ‘n upgrade op sy PC maar ek dink almal kom nou agter hoe belangrik die beste tech wat jy kan bekostig is met hierdie live streams. Maar jy moet talent hê in die eerste plek want al die truuks in die wêreld gaan jou nie kan help om goeie songs te skryf of emosie oor te dra nie. Dit kan Jaques Moolman uitstekend doen maar hy het ongelukkig die link afgehaal na die optrede so hou maar sy Facebook page dop vir toekomstige shows. Een van die songs wat hy Saterdagaand live gedoen het was een van Shadowclub se hits, Morning Killer.
Tune!
Gooi dit sommer weer hard in die meantime.
Hier is sy official page. https://www.facebook.com/jacquesmoolmanofficial
https://open.spotify.com/track/6vOAEPEm0ceQdBdqmOztUB?si=UPHB3BwwQ767ZgAL1Nvnb
Dan was daar ook ‘n fundraiser vir Andy ‘Short Shark’ Darlington van Radium Beer Hall waaraan ‘n hele klomp artists deelgeneem het die naweek: Akkedis, Andre Kriel, Kobus de Kock Jnr, Gareth Wilson en nog meer. Nog ‘n legendary music bar wat in die kak is. Ek link bietjie drie befokte artists wat deelgeneem het daaraan en wie ek nog nie eintlik gefeature het op my livestream artikels nie.
The Honeymooners Band (julle ken mos die Easts from the Eastrands.)
https://www.facebook.com/radiumbeerhall/videos/274578376999764
Tim Parr (‘n Stalwart van die SA musiekbedryf al die jare. Onthou julle Ella Mental?)
https://www.facebook.com/radiumbeerhall/videos/2646450145613046
Ross van den Heever (Black Harbour SA)
https://www.facebook.com/radiumbeerhall/videos/279509646781802
Wat nog? O ja, daar was weer ‘n freebie van Pink Floyd waarby ek nog nie eens uitgekom het nie. Sal dit nog kyk voor hulle dit afhaal. Dis Dave Gilmour se Live in Pompeii show wat in 2016 opgeneem is. Vyf-en-veertig jaar na Pink Floyd se legendary Live in Pompeii show (wat daai tyd gelyk het of hulle social distancing toepas) het hy weer ‘n great live show daar gaan perform. Die original show was ook free op YouTube vir ‘n ruk maar dit lyk my hulle het dit nou afgehaal.
More gebeur daar ‘n moerse multi-cam stream waaroor so paar mense baie opgewonde klink. Donovan Borne gaan ‘n show gooi, so net voor die naweek aanbreek, 15:00 op Facebook en dit klink my die ouens gaan na tien pages gelyktydig stream?
Gaan check dit hier uit en gooi ‘n geldjie.
Dis dit vir die week. Adios, en geniet die streams!
Sien julle volgende week!
Watkykjy staan op 3,091,363 post views in totaal sedert 1 November, 2019.