Laat ons sommer begin deur julle eerstens te bedank vir julle support vir Pedro Barbosa se show wat op Watkykjy se Facbebook page ge-stream het. Julle harte is groter as ou Pedro homself en julle bydrae het gemaak dat Pedro vir so rukkie nie net na homself kon kyk nie maar ook na sy crew wat hom altyd uithelp – sy sound outjies en sy drywers. Julle het effektief kos op die tafel gesit vir vier gesinne! Vet fokken drukkies vir almal!
Vandag is dit weer sulke tyd maar dis nie ons inisiatief nie. Ons is wel gevra om te help met die payment gateway en om die nommers bietjie op te kry. Donovan Borne speel vandag om 15:00 ‘n multi-cam live stream, regstreeks op Facebook en die ouens gaan na so paar Facebook pages gelyktydig stream as ons die storie so kyk. Dis ‘n great inisiatief, want dit beteken dat companies wat Facebook pages met kleiner nommers het, blootgestel word aan ‘n weier mark saam met ‘n klomp ander ouens. Cross polinate ‘n ding faktap!
Donovan is seriously fokken talented:
Jy kan die show 100% verniet kyk, en weereens soos in Pedro se geval van so paar weke gelede, kan jy ‘n donasie van jou keuse maak as jy so voel. Volg hierdie link vir meer informasie asook om donasies te maak of scan die QR code op die flyer. Onder die flyer is daar ook ‘n lys van al die Facebook pages wat om 15:00 vandag die show gaan stream, so tune in by enige van hulle om die show te geniet en gaan like ook sommer al die pages! Give some love!
Jou donasie gaan direk na die artist, die presenter en die tegniese ouens agter die skerms vir vandag se show:
Watkykjy staan op 3,103,888 post views in totaal sedert 1 November, 2019.