Ek het julle mos gesê ek kan nie wag om te sien watse magic live streaming dienste Mazanzi gaan oplewer nie! Nou ja, hier is ons nou! Soos Ferris Beuller gesê het net voor hy daai legendariese dag af gevat het: “Life moves pretty fast. If you don’t stop and look around once in a while, you could miss it.” Dieselfde geld vir ‘n inperking, maar wat nog van tegnologie? Hierdie week het alles verander en dus gaan ek net op twee konserte fokus wat absolute game changers was.
Die eerste een was ‘n unplugged show wat Hannes Brümmer aangebied het en Donovan Borne sy musiek regstreeks gestroom het vanaf Decibels Studio in Pretoria. Dié van julle wat MTV Unplugged onthou, sal weet hoe befok dit alles was. Maar het dit snaakse stand-up comedians gehad? Nee. Donovan het in sy eie skatkis van oorspronklike songs ‘n aantal juwele gaan afstof en boonop ‘n paar covers ook gedoen. Van Steve Earl tot The Verve en Hank Williams tussen-in ook nog. Die melankoliese bui was perfek gebalanseer met professionele, in ligte luim interaksie tussen-in en die beligting het ook verder daartoe bygedra. Donovan se set is beslis deur Hannes se unieke tipe humor ingekleur en onderstreep. Dit was gestroom vanaf verskeie Facebook accounts en daar was ‘n countdown, multicams, in en uit-zoom, puik klank, opmerkings wat op die screen verskyn het, professionele interaksie tussen die twee kunstenaars en natuurlik QR kodes om cover charge te betaal, sponsors en sommer ‘n fokken sales pitch. Country en fake bier werk net nie so lekker saam nie. Gaan Decibels wardrobe en make-up ook begin doen? Wie weet?
There’s no business like streaming hot show business right now!
Aan die ander kant van die Oranjerivier het die Albert Frost Trio hul energieke rock and roll in Orgasmic Music Gallery (OMG) se donker “ondergrondse put” by die Summerhill Farm op die buitewyke van Stellenbosch die wȇreld ingestuur en die live streaming full-band ondervinding na nuwe hoogtes geneem. Willim Welsyn was die aanbieder en ek kon sy opwinding tot hier in my sitkamer voel.
Die afskop-tune was omtrent ‘n gatskopper en dit het my dadelik getref dat die Donker Prins van SA rock en blues en sy bende al die pad na die rock and roll put toe moes ontsnap om uiteindelik bevry te word. Outside vanaf Albert Frost se solo-album was die perfekte keuse vir die eerste song en Jonno Sweetman op die tromme en Schalk Joubert op die baskitaar het saamgesweer met die voortvlugtende kitaar virtuoso met voorbedagte rade en met ‘n gemeenskaplike doel, losbandige rock and roll tydens inperking gepleeg. Die set het van Blues Broers se songs, die Trio s’n sowel as van sy solo-album en soos oudergewoonte ‘n paar blues covers ingesluit. Daar was ook multicams met beeldoorvleuling en zooming wat dit so na as moontlik aan ‘n live show laat lyk en voel het. Die solos van elkeen van die ontsnaptes het my nie net hoendervleis gegee nie maar orgasme-ontploffings. Daar was ook goeie beligting en klank, interaksie tussen Frost en sy fans op die comment section asook QR kodes en webticket links. ‘n Gedeelte van die show se opbgrengs het gegaan aan die One Cup of Pap feeding scheme en met tye was die band se energie so in overload dat dit deur my soundbar reguit na my ore toe gedryf het en my brein se circuits geblaas het.
Daar het julle dit nou!
Die toekoms is hier en my versoek aan al die innoveerders is om nie nou te stop nie. The sky is the limit! Een van die dae gaan jy saam met al jou tjommies na virtual reality konserte toe, sommer so in die gemak van jou sitkamerbank. Maar net op daai aande wat daar nie live shows in jou stad is nie, nê? Live shows sal weer uit die as verrys en skares mense van hulle vervelige bestaan kom red.
Maar tot dan tech ons die kak uit die rock and roll uit!
Watkykjy staan op 3,073,920 post views in totaal sedert 1 November, 2019.