Dag 50! Waddefok is even happnening, huh? Ek gaan vir julle met ‘n moerse kort preek die naweek instuur – die voices of reason raak al hoe minder daarbuite in Facebook-land. Daar was eintlik baie min om mee te begin, actually, maar die covid19-fokop skyn ‘n moerse bright torch op al jou nie-so-bright vriende, familie en kennisse. ‘n Basic resep is om nie in faktap gesprekkies betrokke te raak nie, daai mensies solid in hulle moere in te stuur en bietjie minder op Facebook te hang vir geselsies omdat jy bored is. Daar is baie ander dinge om online te doen. Gaan kyk byvoorbeeld na wat al die artists doen op Facebook as jy nou regtig daar moet rondslenter of even beter – stream die beste entertainment onder die son! Ons gee vir jou befokte idees hieronder wat dit aanbetref.
Be safe! En moenie 1 Junie voor die fokken drankwinkels gaan queue en siekword saam met almal nie. Hou jouself in.
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Hier is vir jou ‘n lys van voorstelle van wat om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix hierdie naweek. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Noddy in Toy Land (Showmax)
Fokkit, maar die Britte het die eintlik altyd nog maar lekker gehad. As ek nou terugdink aan my kinderdae het die bleekbene al die befokte reekse gehad, en dis hoe meeste van Gen-X leer Engels praat het. As ons nie ons knieë faktap geval het buite nie, was programme soos Paddington Bear, Rupert The Bear, The Wombles, Postman Pat en ou fokken Knikkie ons onderwysers. Knikkie het toe nooit verdwyn nie. Hy fok nog steeds rond in Speelgoedland met al sy tjommies. Kyk dit saam met die kjênnertjies. Jy is al seker verby breekpunt in elk geval. Laat Noddy jou fix.
Natuurprogramme, doccies en biographies
Myths & Monsters (Netflix)
Ons is steeds by Britte. Hierdie doccie-reeks vat ons deur die mitiese landskappe van Europa en kyk na die mees blywende legendes wat deur Europese kultuur opgelewer is. Ek dink dis fassinered dat die meeste spoke in Europe bly. Dit moet daai geboue wees. Jissis, dit gee my die fokken horries. Geen wonder hulle het spooktoere en dungeons en daai tipe bangmaakgoed nie. Wat het Suid-Afrika? Die De Deur Spook en die fokken Tokkelossie?
*maak draadtrekbeweging en gaap*
Local is kaklekker
Queen Sono (Netflix)
My eerste gedagte en reaksie? Eerlikwaar? “Fokken piele! ‘n Swart James bond met tiete in Suid-Afrika!” Hierdie is iets vir Suid-Afrika om op trotse te wees. Hierdie chick skop fokken gat. Dis business en politics en skop, skiet en donner en kak en hare al die pad. En die production is tit! Kyk die trailer. Dit sal jou oortuig om die eerste episode te kyk en dan vat jy hom van daar af!
Reality show tipe vaaibs
U.S. Bounty Hunters (Amazon Prime)
Haha! Fokkit, as jy nou lus is vir so bietjie zefgat TV met so goeie dosis cringe verweef, kyk gerus hierdie reeks. Fred The Enforcer, Denise The Huntress en Benny the Teddy Bear is ‘n span bounty hunters wat regtig baie passievol is en sterk opinies oor die belangrikheid van hulle werk het. Is dit maar nie altyd so met mense wat hulleself hierdie vreeslik beskrywende, dog onbelangrike name gee nie? Dis soom om jou ‘n piel ‘n naam te gee. Die egosentrisme fokken skyrocket gewoonlike met sulke mense. Hulle deal met regte cases en misdadigers en vang ouens wat borgtog ontwyk. Hulle moet hierdie span nole Suid-Afrika toe stuur om almal te vang wat nie vir e-tolls betaal nie. Haha, ek wil daai fokken movie sien!
Befokte TV series om te binge
Insecure – (Showmax)
Ek kan nie namens vrouens praat nie, maar ek kan hierdie sterk aanbeveel, want ongeag ras, staar alle vrouens wêreldwyd dieselfde probleme in die gesig. Insecure deal met baie van hierdie vibes. Swart vroue (of enige vrou for that matter) is veronderstel om sterk en trots te wees, maar die vriendskap tussen Issa en Molly floreer op hul insecurities in hierdie nuwe comdey-reeks wat ‘n vars angle inneem om te kyk wat dit verg om jouself wees. Dudes, julle kan dit gerus ook kyk. Tel bietjie tips op om minder van ‘n doos te wees, want ons almal is eintlik dose en kan doen met so bietjie introspeksie.
Moerse lekker movies
Mr. & Mrs. Smith (Amazon Prime)
‘n Moerse weird en random gedagte het sopas by my opgekom. Ek skiem Christina Storm sal die perfekte local weergawe van Angeline Jolie wees, Right? Anyway, hierdie is ‘n absolute classic action movie van ‘n getroude paartjie, Mr. & Mrs. Smith wat beide kakgevaarlike hoogsbetaalde assassins is en beide is salig onbewus van mekaar se jobs. Tot hulle uitvind dat hulle mekaar se volgende targets is. Hul geheime lewens bots in ‘n ontploffende fokop van goddelose komedie, opgekropte passie en opwindende ononderbroke aksie! As jy dit al gekyk het, weet jy dat jy dit nog ‘n spin sal gee.
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Adventure Time (Showmax)
Dis ‘n open secret dat Adventure Time ‘n groot gunsteling onder die zolkoppe is. Hierdie hele setup is die perfekte resep vir al julle ouens wat so stadig praat, oormatig “my bruh” sê, voete sleep op pad yskas toe en stadig oogknip. Rol ‘n vettie, gaan sit op jou sif couch en volg die avonture van Finn en sy aangenome boetie, Jake.
Like bru, Jake is ‘n fokken hond, my ou. Jy moet dit check – hy kan like shapes en sizes verander soos hy wil. Dis fokken mal kak, bru!
*exhale*
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video en jy gaan fokken sweet op hierdie outjie, want dis die laaste dag. Missy Elliot het ‘n Grammy opgeraap vir Lose Control se music video. Wat ‘n befokte song en video! Check of jy kan byhou. Dit werk fokken alles in jou lyf:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,073,816 post views in totaal sedert 1 November, 2019.