Fok, het jy gesien? Jy kan sommige mense nie vir 42 dae alleen los nie of die conspiracy theories bars orals los. Meestal in hulle broek van al die boners wat dit mense gee. Die nuutste hierdie week is nole op Facebook wat nou insist om daai fokken Plandemic “documentary” te versprei. By the waay, daai was sopas die regte gebruik van aanhalingstekens, want Plandemic is nie ‘n fokken doccie se hol werd nie. Ek probeer myself daarop pride dat ek sover as moontlik met mense uithang wat at the very least net so slim is soos ek is of as ‘n bonuspunt, slimmer as ek is. Ek verkies slimmer as ek, want dan kan ek ten minste iets leer, maar ek moes hierdie week ‘n hele klomp dom kakkerts op Facebook unfriend. Ek het gedog dit sou stop na die 5G tower conspiracies van so paar weke terug. Die fok weet. So die culling gaan hierdie week voort. Hoe weet jy hoe om ontslae te raak van iemand wat godsonnosel is?
Hier is vir jou 5 clues. Ouens wat like om die volgende kak te post op Facebook:
1) “Gaan lees maar op vir jouself hieroor”
2) “Wees net bewus hiervan”
3) “Interesting”
4) “Ek soek net na die waarheid”
5) “Ek vra net vra en soek antwoorde”
Hierdie mense, liewe vriende, is gullible as fuck, dom en soek aanvaarding en ‘n audience. Hulle is gewoonlik baie vinnig om die lui pad te kies en like dit glad nie om te lees nie. En as jy nie like van lees nie, like jy nie van dink nie. So vir enige van daai konte, drop asseblief hierdie artikel om te lees (hulle sal nie) en unfriend hulle daarna:
Please, for the love of God, stop spreading these godawful ‘documentaries’
Hierdie is die legit Suid-Afrikaanse links om te volg vir enige info oor die coronavirus fokop:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Ons gee jou weekliks ‘n lys van voorstelle van wat om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Teenage Mutant Ninja Turtles (Showmax)
Hierdie is ‘n befokte reboot van die 80s reeks wat jy heel moontlik al gesien het of ten minste van moet weet. Leonardo, Donatello, Raphael en Michelangelo is ‘n groep skillies wat befok goed is met ninjutsu want hulle pappa wat hulle in die drein gevind, Master Splinter is ‘n kick-ass sensei wat hulle al die moves geleer het. Hulle pappa is ook ‘n rot. Jy kan nie minder van cartoons verwag nie. Pomp daai verbeelding se biceps! Hierdie happy family bly in New York se kakpype van waaruit hulle operate om vyande op te fok en help om New York se curve te flatten. Die crime curve, nie die coronavirus curve nie.
Natuurprogramme, doccies en biographies
Mike Judge Presents: Tales From the Tour Bus – (Showmax)
Hierdie cartoonreeks vir grootmense is actually die beste geskiedenislessies wat jy kan stream as ‘n jy moerse music fan is. Mike Juge, die creator van Beavis & Butthead is agter die stuur van sake hier. Om nou doodeerlik met jou te wees, het ek hierdie reeks amper geskip, want fok vir Beavis & Butthead. Ek kan nie met daai kak nie. Ek het selfs as student die kakdom show verpes, maar trust my en jol net die eerste episode en jy sal hooked wees op Tales From The Tour Bus.
Twee seasons van die mees unbelievable stories wat mense vertel van die kak wat die musikante alles aangevang het. Stories oor Johnny Paycheck, Jerry Lee Lewis, George Jones, Billy Joe Shaver, Waylon Jennings, Blaze Foley, George Clinton, Rick James, Bootsy Collins, James Brown, Morris Day en Betty Davis. As jy nie weet wie meeste van hierdie ouens is nie, moenie worry nie, want dan beteken dit jy het tot vandag toe nie geweet wat regte rock ‘n roll vibes en hardcore shit is nie. Dit sal jou moderne musiekhelde soos pasgebore kameelperdjies laat lyk!
Local is kaklekker
Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (Showmax)
Ek het lank gewik-en-weeg of ek hierdie moes bysit, maar toe onthou ek “it takes all kind of people”, so hierdie enetjie is probably vir die mense in die Moot wat op die oomblik desperaat genoeg is om R220 te betaal vir ‘n illegal bottel R30 Tall Horse of R600 vir ‘n carton Sharp sigarette. Waaroor gaan die reeks? Elke klein dorpie het sy kakmal oomblikke maar jy gaan vêr moet soek om die mense van Gwarra-Gwarra te beat. Miskien moet hulle hierdie local comedyreeks se naam net verander na Die Marabase van Die Moot.
Reality show tipe vaaibs
MasterChef Australia (Amazon Prime)
Ek en die goose het min of meer hier in die middel van locdkown rond, die nuutste reeks (season 15) van Masterchef Australia klaargemaak op DStv Now en ek kan alreeds nie die wenner se naam onthou nie. Wat beteken dit? Heel moontlik dat ek meer belangestel het in die resepte en die kos as in die persoonlikhede daaragter. However, dis steeds lekker om te sien hoe die judges spanners in die works gooi vir die contestants om die beste uit hulle te kry. Die judges, Gary Mehigan, George Calombaris en Matt Preston is nou al meer as elf jaar lank huishoudelike name wêredlwys en as jy lus is vir sports, gaan kyk die eerst tien reekse op Amazon, al is dit net om te check hoe jonk almal was!
Befokte TV series om te binge
MotherFatherSon (Showmax)
Ek hoop dat jy, soos ek, actually baie dinge gedoen kry tydens die lockdown. Fok, daar is altyd iets om uit te sort en vir my is die lekker deel daarvan om myself met ‘n bietjie dop en TV te beloon. Dit maak die reward net soveel meer legit. Dis wanneer ek met ‘n lekker bord kos voor die TV insak en my vrou reeds gereed sit met die remote: “Wat kyk jy?”
Dan fok ons gewoonlik aan met so 3 episodes op ‘n slag. Jissis, sommige dae as dinge bietjie rof gegaan het, klap ons 5 of meer episodes. Vandag is dit nou weer sulke tyd want ons het gisteraand The Marvelous Mrs. Maisel op Amazon Prime klaargemaak. Ek het reeds vooruitgedink en die reeks wat ons volgende gaan binge is MotherFatherSon op Showmax. Dit klink na ‘n baie belowende psycho-thriller wat afspeel binne die verwysingsraamwerk van power struggles in politiek, media en die polisie en dit volg die ups and downs na een of ander voorval van Max Finch, ‘n kakryk media tycoon en sy fucked-up family. Richard Gere vertolk die rol van die main konyn, so ek skiem nie dit kan kak wees nie. Worst case skate ek dis iets om te kyk terwyl osn wag vir Succession – nou daai is ‘n faktap storie en ‘n half, maar faktap in ‘n goeie manier. Kyk dit sommer dadelik as jy nog nie het nie. Sucession het heel voor gestaan by elke prysuitdeling in Hollywood!
Moerse lekker movies
Mile 22 (Showmax)
Een van die bonusse van hierdie artikels oor wat om te stream, is dat ekself alles kyk, maar dit dien ook as ‘n reminder van stuff wat op my lysie is waarvan ek vergeet het. Ons kyk meerendeels reekse maar klap ‘n movie so een of twee keer per week en Mile 22 was op my lysie gewees en ek het heeltemal daarvan vergeet. So nou gaan dit weer op my lysie vir die naweek se kykgenot. Klink my Mark Wahlberg is ‘n oom in die CIA wat informasie uit iemand moet kry. Dis genoeg vir my. Ek fokken eet die CIA-movies op. Dis my fokken kos!
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Yu-Gi-Oh! (Amazon Prime)
Aandag manga-nerds! Daar is vreeslik fokken baie Yu-Gi-Oh! om te kokkenodge op Amazon Prime. Gaan krap en jy sal vind. Ancient puzzles? Check. Dark forces? Check. Evil monster? Check. Alter ego? Check. Dis alles daar, jy check?
Ons sal ook graag wil hoor van die serious manga en animae nerds daarbuite. Waarna kyk julle nog? En watter computer games jol jolle? Dis heeltemal net uit morbid curiosity uit. My Xbox staan en stof opgaar.
Ons is volgende week weer terug met nog ‘n lekker lys vir lockdown streaming voorstelle.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Gooi ‘n suggestiewe dansie voor jou TV of laptop. Dis lekker stadig, so jy sal nie te veel sweet nie:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,057,605 post views in totaal sedert 1 November, 2019.