Hou julle nog uit? As jy nou nog nie jou kop verloor het nie kan jy maar vir nog ‘n maand vasbyt. Kom nou, man, moenie so wees nie! Eish, no jokes, kom ons hoop die lockdown word nie weer verleng nie. Hier is die afgelope week se live streams (en ander video clips) wat op my social media feeds opgeduik het. Ek dink ons local artists doen stukke beter as die flou tunes wat ek op MTV Unplugged at Home gesien het. Damnit, waar is die goeie ou dae van uitstekede live unplugged sessions? Gaan snuffel maar net op social media en jy sal verbaas wees wat jy kan kry. Ek kan nie by alles uitkom nie.
Daar was bietjie meer verskeidenheid hierdie week. Ek weet dis ‘n moeilike tyd vir almal maar vir musiek fans reën dit pap op die oomblik. Maak lekker sheba en geniet dit!
Internasionaal het Andrea Bocelli ‘n roerende maar spookagtige optrede gelewer in Milaan. Dit was ‘n hele boks Cleanex kort gewees:
Rynier Prins en Siobhan Lloyd Jones het so vinnige session clip gepost wat hulle ongelooflike talent ten toon stel het. Hulle laat dit so maklik lyk:
https://www.facebook.com/rynier.prins.3/videos/2536825226531147
Luna Paige het ‘n pragtige opvoering op klavier gestream. Die Tori Amos van Mzansi:
https://www.facebook.com/LunaPaige.SingerSongwriter/videos/2847362138712429
Arno Carstens het sy Another Universe album live en unplugged op kitaar ge-stream. Dit het my nogal baie aan die ou VH1 Storytellers formaat laat dink. More! More! More!
https://www.facebook.com/arnocarstensmusic/videos/227826118280834
Aidan Martin het ‘n paar van sy solid songs opgevoer in Knysna onder ‘n palmboom met ‘n semi-vals kitaar en ou faktap snare en dit het nog steeds goed geklink.
No Kind Season is nog steeds een van die beste songs wat ooit geskryf is in my boek:
https://www.facebook.com/aidan.martin.986
Johnathan Martin het ‘n amper flawless, gripping set gedoen sommer so in sy sitkamer op die couch like. Jis, ek was op ‘n ander planeet vir ‘n ruk:
https://www.facebook.com/johnathan.martin.963/videos/10224055639477695
Die Akkedisse (feat Andre Kriel) het ‘n lekker ou Don Williams classic so uit twee provinsies in kuberruimte ingestuur. Sad songs kan ook opbeurend wees.
Valiant Swart het ook nou begin live streams doen.
True to form, min gepla oor die fênsie tegnologie en al daai kak. What sorcery is this, my Kroon? It will take some getting used to, so sonder ‘n crowd mense, maar dis nog steeds die Mystic Boer met sy songs, stories en jokes. Net in sy mancave vir nou:
https://www.facebook.com/valiant.swart/videos/3198000850239450
Albert Frost het hierdie week die livestream tech in ‘n half-nelson beetgekry en holy mother of the blues, hy was aan die brand! Niks kry hom onder nie!
https://www.facebook.com/albert.frost.music/videos/10156881142021932
Dan was daar ook hierdie groepswoeps deur ‘n hele klompie outjies:
Dave Stark, Peter Toussaint, Jolene East, Frances Charlton, Daniel Hampton en John Shaban
Dis dit vir die week!
We won’t make you more famous maar mense gaan julle musiek geniet en hopelik cover charge betaal.
Quid Pro Quo (in Donald Trump stemmetjie).
Watkykjy staan op 3,049,123 post views in totaal sedert 1 November, 2019.