So ‘n week gelede het die Pretoria band, Daaf Vapor, ‘n prettige klein projekkie van stapel gestuur – die band wou ‘n music video aanmekaarsit deur dit te crowd source gedurende lockdown om mense die kans te gee om iets fun te doen. Dit was iets kreatief om die bordedom te beveg en terselfde tyd ook sommer bietjie awareness skep rondom die covid19 fokop en meer spesifiek die lockdown en die feit dat ons almal in ons fokken huise soos dose moet sit vir 21-dae lank. Wel, nou is daar nog ‘n volle week oor van die lockdown, so jy kan help om die boodskap te versrprei vir hardkoppige kontkoppies wat nie mooi verstaan nie, so share die video met jou gabbas.
Participation was nie moerse great nie, maar dis seker goeie nuus, want dit beteken dat almal wat by die huis sit en nie kon deelnaam nie, te kakbesig was om te werk, geld te maak en iets konstruktiefs te doen.
Daaf Vapor het ons gevra om die handjievol mense wat wel deelgeneem het, van harte te bedank vir hulle kick-ass contributions en vrymoedigheid. Daar was even ‘n reporter – een van die min mense wat actually buite mag wees vir werk tydens lockdown – wat footage van Joburg en Yoville se dooie strate ingestuur het. Dis nogal fokken eery. Die ouens het ‘n cool jobbie met die video gedoen.
Kyk die music video, geniet hom, share hom en onthou:
#StayTheFuckAtHome
Watkykjy staan op 3,063,915 post views in totaal sedert 1 November, 2019.