Almal nog compos mentis? Ek het gisteraand ‘n baie interessante gesprek gehad met die akkedisse op my stoep. Nee, nie die Dennis broers nie. My reptiliese vriende het fassinerende teorieë oor hoe Covid-19 in ‘n Sjinese Laborotorium vervaardig is deur die Biker Mice from Mars deur 5G tegnologie te gebruik. Brain van Pinky and The Brain het sy research vir hulle gestuur. Narf!
As ons baie lucky is gaan ons volgende week vrygelaat word. Of eerder die regering gaan die streng lock-down net klein bietjie verslap. Ons sal vanaand uitvind. Maar ons land is anyway nou so bankrot ons leen selfs geld by die International Monetary Fund. Ek dog ek het alles gesien maar toe die prys van olie crash na onder zero toe, bestel ek maar net vir my nog toiletpapier en nuwe onderbroeke. Dit beteken suppliers het vir ‘n rukkie actually die kopers betaal om barrels van hulle hande af te vat. Ek dink ek het hierdie B-grade movie in Graad 1 uitgeneem by Dial-a-Movie vir R1.99 een keer. Ek moes nog ‘n boete betaal ook want ek het dit laat ingegee en nie rewind nie. Hier is dié week se lekkerste live streams en videos, in geen spesifieke orde nie.
Kom ons begin sommer by iets wat vandag nog moet gebeur. Ons het vir Pedro Barbosa die Watkykjy bakkie se sleutels gegee en hy is vanmiddag om 15:00 aan stuur van sake. Julle moet asseblief in tune en die bra ondersteun. Ons sal dit like om elke Vrydag vir een of ander local artist, admin te maak van Watkykjy se Facebook page om te kyk of ons ‘n inkomste vir die ouens kan genereer. Elke bietjie help.
WONDERboom se cover van Pixies se Where is my Mind? Cito lyk of hy uit ‘n mental institution ontsnap het. Wat toevallig presies was hoe ek gevoel het daai dag.
Jeff Beck en Johnny Depp doen John Lennon se tune Isolation. Ou Johnny het besluit om op Instagram te klim en about ‘n paar ure later het hy dadelik miljoene followers gehad. No surprise. Lekker cover!
Kobus de Kock Jnr het ‘n uurlange Happy 420 show gegooi! Hy het ‘n hele paar cool covers gedoen ook, most notably, John Lennon se Working Class Hero en Willie Nelson se The Bob Song. Check dit uit. Hoop nie hy het die tweeling wakker gemaak met sy rock and roll nie. Bad Dadda!
https://www.facebook.com/events/2930473247020603/
Heather Nova is een van my favourite artists. Ja, sy skryf en sing nog steeds uitstekende tunes. Spoiler alert, sy is nog steeds hot!
Pink Floyd gaan ook elke Vrydag live videos van die band stream. Die eerste een was hulle live video P·u·l·s·e wat opgeneem is tydens die Europese been van hulle Division Bell Toer in 1994. What a show!
Dan was daar ook die One World: Together at Home wêreldwye uitsending ter ondersteuning van mediese gesondheidswerkers en die World Health Organisation. Lady Gaga en Global Citizen het die hele ding ge-launch. Ek het aan die slaap geraak na vyf songs maar dit was soos ure en ure se live streams! Gaan subscribe maar op die YouTube page en pick en choose wat jy wil hoor. Hier is The Rolling Stones se You Can’t Always Get What You Want.
Wolfgang Marrow het ‘n lockdown video compilation van hulle song Cannibal op Youtube gegooi. Very entertaining! Sandy en Louwkie, julle vriende is fokken mal. Almal.
Caution Boy goes hipster?
Jaco Mans gooi ‘n ongelooflike Led Zep cover. So in die donkerte…https://www.facebook.com/jaco.mans/videos/10156933599722601
Last but not least, Udini Trio. Greg Georgiades, Ashish Joshi en McCoy Mrubata vat jou op ‘n trip na Noord-Afrika, Indië en Arabië toe. Once.
https://www.facebook.com/mccoy.mrubata/videos/3243957352283253
That’s all folks!
Tot volgende keer!
Watkykjy staan op 3,084,030 post views in totaal sedert 1 November, 2019.