Net toe ek Government begin prys vir hulle great werk met meeste Covid19-besluite sover, kom daai Gogo-tjie Zuma met haar onbevoegde gebrabbel alweer. Tietkop Patel doen nie veel beter nie, by the way. Wat het my besiel om te dink dinge gaan verbeter gedurende ‘n krisistyd? Good luck aan almal in hulle industries om uit te figure presies wat jy mag en nie mag doen in Defcon 4 nie. Sorry, lockdown, level 4. As jy nie die regulasies volg nie, kan jy ‘n maksimum van ses maande tronkstraf opgelê word. Of ‘n boete. Of beide. Hierdie quote van die Japannese rolprentregisseur, -vervaardiger en -draaiboekskrywer, Akira Kurosowa was nog nooit so waar soos nou nie:
“In a mad world, only the mad are sane.”
Anyway, hier is die live streams wat ek geniet het die week wat verby is. Ek gaan nie elke week elkeen van die ou bekendes wat gereelde solid streams of videos gooi, noem nie. Frosty, Die Mystic Boer, Johnathan Martin, Daaf Vapor… om net ‘n paar te noem nou. Ek gaan aan neem julle kyk dit nou slaafs en betaal julle cover charge waar dit as ‘n opsie aan julle verskaf word. Die kwaliteit word net beter en artists raak nou stadigaan gewoond aan die nuwe normaal so voor die kamera. Still weird, maar dit help ons fans ongelooflike baie. Dankie vir almal van julle musos wat nou vir aansienlik minder geld werk!
Soos oudergewoonte meng ek Proudly South African met internasionale pogings. As jy 35 dae van hierdie boktos kan handle kan jy seker nog aandurf. Sug. Rook maar gedroogte piesangblare om jou longe teen die pes te beskerm en drink pynappelbier of Zoerdoef om jou gestel te verbeter. Boererate daai, nee genuine!
Twee van die Black Cat Bones, Meneer Andre Kriel, en Sire Gareth Bunge, het ‘n lekker energieke unplugged show gegooi. Hulle mojo werk nog al die pad! Al sukkel hulle om sane te bly!
Klomp artists saam met Biffy Clyro en die Foo Fighters het die song Times like These ge-cover! Baie youngbloods daarin wat ek nie ken nie. Chickenflesh, anyway!
Wat van bietjie jazz? Marcus Wyatt, Romy Brauteseth en Jonno Sweetman se jam was sweet, man. Chill en groovy.
Die grootste verrassing van die week was Post Malone, Brian Lee, Nick Mack en Travis Barker (Blink 182) se Nirvana tribute/fondsinsameling. Hulle het $500 000 ingesamel vir die World Health Organisation en ek moet bieg ek het dit moerse geniet. Dit was befok juis omdat hy sonder Autotune gesing het en hulle kakbaie foute gemaak het. Jy kon hulle frustrasie en woede in die musiek voel. Ek like nie Posty se musiek oor die algemeen nie maar hierdie was spesiaal. Dit sou nie werk as ons nie in hierdie weird tye vasgevang was nie.
Hierdie een van die COPA studente het ook nogal my hartsnare geroer. Wie ookal hierdie video geskiet en ge-edit het en wie ookal almal in dit optree…well done! You are the future! Snuif-snuif. Blaas my neus gou.
Ek weet nie eens wie hierdie dude Hauser is nie maar dit was net so fokken mooi. Dis in die Pula Arena in Kroatië opgeneem. Broaden your horizons!
Terug na bietjie harde negatiewe musiek toe. Clutch het so kort “test” gedoen vir die interwebs. Die tweede een eintlik. Dit was baie meer as net dit en ek kan nie wag vir wat nog kom nie. Rock on!
The Boss en sy boss het ook ‘n tribute gedoen vir die gesondheidswerkers in sy land van hoop en drome. New Jersey om meer spesifiek te wees. Wat kan ek sê? The Boss is altyd great.
En laastens en weer op plaaslike grond het ek Sea of Green geniet! Lekke swinging tune. Where is Little Wally now? Onthou julle daai scaly laaitie wat jy nooit kon kry in die crowd nie. Hy het vir seker al positief getoets vir Covid 19. Hoop nie hy is ‘n superspreader nie.
Watkykjy staan op 3,047,928 post views in totaal sedert 1 November, 2019.