Welkom by jou tweede naweek sedert lockdown! Dis nou Vrydag in case jy dalk gewonder het. Of as jy heeldag in die pisvelle en pejakkies uithang, is dit nou jou agste Sondag in ‘n ry. Ons het genoeg kak om jou besig toe hou vir die hele 21 dae waarvan daar nog 13 oor is. Dis nou as Suid-Afrika hulleself gedra en in die fokken huis bly. As jy iemand siend draf in die strate of hulle honde vir ‘n stappie vat, wees ‘n fokken klikkiebek. Neem sommer ‘n video en stuur dit vir ons. Ons help graag om hulle famous te maak en wil hulle in ‘n music video sit.
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Pablo (Showmax)
OK, ek het hierdie fokken glad nie verwag nie. Hierdie is ‘n live action TV show (10%) gemeng met animation (90%), maar dis nie die groot surpise nie. Pablo feature a vyfjarige laitie op die autism spektrum. Hy tower sy eie imaginary vriende op wat hy laat lewendig word deur sy kruite. Pablo en sy maatjies gaan dan op moerse avonture en help hom in situasies waar anxiety gewoonlik die oorhand oor hom kry. Basic stuff soos om winkel toe gaan wat vir ons en ander kinders normaalweg fokol is. As jy ‘n op die spektrum het, beveel ek hierdie aan. Daar is 52 episodes van 11 minute lank elk. Die stemkunstenaars en skywers van die show bestaan ook uit ‘n groep autistiese indibidue. Crazy fokken cool!
Natuurprogramme, doccies en biographies
The Planets – (Showmax)
Ek weet jy is ingehok, so wat van so bietjie space, my bru? Hierdie 5-episode doccie sal jou lekker laat chill en laat vergeet van die kak om jou. Dit sluit die nuutste baanbrekerwerk rondom planetêre navrosing in met die mees detailed beelde en video om ons ‘n nuwe storie oor ons sonnestelse te vertel. Sulke regte zol-TV om op spaced out te raak. Letterlik.
Local is kaklekker
Weg Agterpaaie (Showmax)
Weg! Tydskrif se journo’s, Erns Grundling en Toast Coetzer klap al Suid-Afrika se agterpaaie en ontmoet ineressante cats onderweg. Hulle trek nou al by oor die 50 episodes sedert 2017, so daar is baie om te kokkenodge en die land te leer ken terwyl jy op jou gat moet sit by die huis. Travel lekker in jou onderbroek met ‘n bier in die vuis, want dis Vrydag! O wag, dis Sondag. Dis nog vir ‘n rukkie lank sondag.
Reality show tipe vaaibs
Survivor: Game Changers (Showmax)
Fok, ek kry nie genoeg tyd om al hierdie tipe shows te kyk nie. Nie eers lockdown gee my genoeg tyd nie. Sodra ek klaar is met The Amazing Race gaan ek hierdie outjie volgende aanpak. Klink my dis ‘n versamling van vorige jare se Surivor contestants wat nou saam gegooi word in ‘n super contestt om mekaar te outwit, outlast en out-what-what. Hier kan net kak kom, want ek skat hulle het aspris al die sneaky fokkers geskies om kak te maak. Hulle reken ons moet uitkyk vir ons gunsteling contestants van die vorige reekse. Hier kom ‘n lekker slapkakstorm!
Befokte TV series om te binge
Superstore (Showmax)
Hierdie remind my nogal aan die classics soos Parks & Recreation en The Office en ek is bly daar is nou nog drie nuwe seasons uit. Ek sê nou drie, want ek het season 1 gebinge lank terug toe dit uitgekom het en eers vandag besef dat daar alreeds vier seisone van Superstore uit is, so dit kom nou op my nuwe binge-kyk lysie. Dis basies ‘n comedy set-up in ‘n denkbeeldige Walmart-tipe store. Baie cringe en baie lag.
Moerse lekker movies
The House with a Clock in Its Walls (Showmax)
Ek love ‘n stukkie Jack Black en ‘n stukkie Cate Blanchett is ook nie te versmaai nie. My Vrydagaand movie is sorted! Lekker lig, snaaks en so bietjie sci-fi en fantasy om die vrou ook gelukkig te hou. Dit vertel die storie van ‘n 10-jarige laitie se avonture wat begin omdat hy by sy oom moet gaan bly in ‘n kak oud en weird huis. Vir some rede kan die laitie die doderyk oproep. Sold! Ek kyk hom vanaand!
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
F is For Family (Netflix)
Toe ek die eerste keer op hierdie show afgekom het, het ek dit faktap gekyk in like, ‘n week. Bill Burr is ‘n fokken genious. Actually, voor jy enigsins F is For Family kyk, kyk eers Bill se live stand-up show, You People Are All the Same en dan, sonder om enige vrae te vra, kyk F is For Family. Ek wens net die ou wil sy fokken gat roer en season 4 nou uitbring. Dis veronderstel om hierdie jaar uit te kom.
Bill Burr is my fokken spirit animal!
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 9 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Fokken lekker Vrydag-beat met so paar basic moves aan die begin van die video wat jy kan gebruik om te dans vir die lengte van die hele tune:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,048,728 post views in totaal sedert 1 November, 2019.