As jy hierdie kan lees, lewe jy nog! Yay! En om aan te hou lewe, moet jy aanhou om by die fokken huis te bly vir hierdie21-dae lockdown. Ons trek nou al by dag 6 wat beteken dat daar 15 dae oorbly om agter slot en grendel by jou pozzie te hang. Dis ook min of meer hoe lank mens moet self-isolate om seker te maak jy het of kry nie die gogga nie, so dis nou meer as ooit doosbelangrik om seker te maak dat jy vandag sien as jou absolute laaaaaste shopping dag vir absolute essentials sodat jy vir die volgende twee weke met fokken niemand buite jou huis fisiese kontak het nie. Want as een doos besluit om oor ‘n week uit te gaan om iets fokken stupid soos ‘n slab tjoklit te koop en hy word dalk infect deur ‘n ander doos wat voor doos nommer een aan die tjoklit geraak het, is dit back to square one vir almal van ons.
As jy dink jou bankrekening kak nou af, wag tot een ou dit vir die res van ons opfok…
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Blaze and the Monster Machines (Showmax)
Hierdie laat my dink aan daai Micro Machines karretjies toe ek ‘n laitie was. Anyway, karre is befok cool vir enige klein kind, of dit nou ‘n dogtertjie of ‘n seuntjie is en hierdie reeks cash seker in op die sukses van Cars. AJ is Axle City se bobaas renjaer en sy kar, Blaze, is fokken witwarm en kragtig. Saam pak hulle ‘n klompie avonture aan. Die catch? Jou kind leer so bietjie wiskunde en wetenskap ter selfde tyd, so dis dalk ‘n goeie idee om hierdie aan te sit as jy ‘n tosserige home school onderwyser is.
Natuurprogramme, doccies en biographies
Greatest Events of WWII in Colour (Netflix)
Kyk, ons is ook tans in ‘n vet oorlog gewikkel. Een met ‘n onsigbare vyand. So om jou aandag van ons kak af te lei, kyk na ‘n oorlog waar jy die enemies kan sien. Soos World War II. Sommer in kleur. Van die aanval op Pearl Harbour tot D-Day. Al die pivotal oomblike wat destyds vasgevang is op video, het nou ‘n kleur treatment gekry.
Local is kaklekker
Safari 4×4 Roetes (Showmax)
Ek wil nou nie jou bubble bars nie, maar mens moet maar reguit wees. Jy gaan nie gou weer zak hê om met vakansie te gaan nie, maar kom ons fokus op die hier en die nou: jy is tans ‘n kluisenaar in jou eie huis wat baie graag wil uitkom in die buitelug. Dit gaan nie gebeur nie, maar jy kan die mooiste Suid-Afrikaanse 4×4-roetes deur kenners se oë belewe. Experience die Swartbergpas, die Kango-grotte en en en en! Daar is 10 seisoene! Rev daai virtual bakkie van jou!
Reality show tipe vaaibs
Survivor South Africa (Showmax)
Hierdie is 2019 se reeks. As jy nie DStv het nie en dus gemis het, kan jy dit nou op Showmax kyk. ‘n Argitek, dokter, pilates instructor, crime scene analis en ‘n fitness model is maar net ‘n paar van die deelnemers wat in Samoa mekaar probeer opfok om ‘n miljoen skille te wen. Lekker kakmaak en backstabbing vibes. Kies jou favourite en probeer om nie in die media te lees wie die wenner was nie. My favourite is die ou wat lyk asof iemand vir Chris Van Der Walt (ex Black Cat Bones se bassist) van memory af geteken het.
Befokte TV series om te binge
Sticks & Stones – (Showmax)
Hierdie is nogal cringe. Dit gaan oor boelies in die werkplek en is ‘n limited Britse reeks van drie episodes. Goed genoeg om jou besig te hou vir ‘n middag of aand as jy nie nou dadelik in ‘n epic 10-reeks TV show wil inklim nie.
Moerse lekker movies
Ted (Showmax)
Die avonture van John Bemmet (Mark Wahlberg) en sy teddiebeer wat kan praat, want sien, dit was sy wens as kind dat sy teddiebeer lewendig kon word en kon praat en nou het dit gebeur. Dis egter ‘n vuilbekteddiebeer (stemwerk deur Seth McFarlane), so moenie die fokken movie saam met jou bliksemse kinders kyk nie, jissis! Fok. Nou moet John kies tussen sy teddiebeertjommie en sy girlfriend, Lori, wat deur Mila Kunis vertolk word. As dit ek was, was dit ‘n easy call – ek sou daai beertjie dadelik opgesny het want Mila Kunis het sulke oulie teddiebeerogies.
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Robot Chicken (Showmax)
Lekker mal stop-motion animation vir grootmense. Tonne pop-culture references wat herkenbare speelgoed feature. Dis amper soos Toy Story vir vuilgat Gawies, maar dis kakker en terselfdetyd, snaakser gedoen. Daar is ses seasons van hierdie mal kak beskikbaar, maar die episodes is slegs 12 minute lank elk, so dis maklik om ‘n break te vat, iets anders te doen en dit re re-visit. Hilarious breindood vermaak vir daardie ledige uurtjies tussen die chores wat jou ewe skielik so besig hou tuis.
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 7 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Ons weet nie wat om daarvan te maak nie, so gooi maar net ‘n move of twee saam met dit:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,123,954 post views in totaal sedert 1 November, 2019.