Coronavirus Lockdown Dag 27 – Wat kan ek stream?

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Welkom by dag 27 uit 2204 van die coronavirus lockdown. Die wêreld soos jy hom ken, is vir altyd verander. Dit sink nog nie in nie, maar jy sal sien waneer die lockdown gelig word. Dalk nie dadelik nie, maar reality sal jou baie vinnig ‘n PK gee. Dinge gaan nie terugkeer na normaal nie en hoe vinniger jy daarmee kan vrede maak, hoe vinniger kan jy ten minste probeer om jou lewe aan te pas en weer aan die gang te kom met dinge.

Net om jou ‘n idee te gee van hoe realisties mens hierdie storie moet aanpak – Spur het vanoggend laat weet dat hulle nie sommer gou weer gaan opmaak nie. Nie eers vir take aways nie. Dis fokken scary, maar dis die regte ding om te doen en ek kan jou nou al sê dat ‘n paar plekke in hulle voetspore gaan volg.

Die silwer randjie om die donker wolk? Oom Cyril skiet zak. Konbaie zak! Hier is sy speech van gisteraand:

Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:

Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize

National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa

SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/

Global Total
Last update on:
Cases

Deaths

Recovered

Active

Cases Today

Deaths Today

Critical

Affected Countries

Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix.  All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies 
Paddington 2 (Showmax)
Ek het verlede week deur Showmax ge-browse opsoek na hangover tipe kykgenoet – een van daais waar die visuals sag op die oog is en die storielyn nie te involved en raserig is nie. Ook, imagine ‘n hangover met kinders rondom jou voete? Ek weet goddank nie hoe dit voel nie, maar as ek ‘n raasbek of twee om my gehad het, sou ek Paddington 2 vir hulle aangesit het. “Waar is Paddington 1?”, hoor ek jou vra. Sharrap so bietjie, asseblief. Pappa se koppie is seer.

Natuurprogramme, doccies en biographies
72 Hours True Crime (Amazon Prime)
Ek fokken love hierdie tipe TV shows. Dis die perfekte filler omr tussen reekse te kyk met heavy drama en puzzling storielyne. 72 Hours cover noemenswaardige true crime ondersoeke wat eras dek tussen die vroeë sewentigs tot in die mid-2000s. Die tipe ongelooflike stories wat jy miskien in die Huisgenoot sou raaklees: die Angel of Death wat mense in ICU doodgemaak het, die brandstigter wat al die tyd ‘n brandweerman was, die Loch Ness monster, serial bombers, ‘n classic hi-jacking in die sewentigs toe airport security slapper as die Glam Guru se gewriggie was. You name dit, dis alles daar! Al die legendary crime stories waarin die clues wat in die eerste 72 uur opgespoor was, fokken belangrik was op die mystery op te los. All-in-all is daar 45 episodes op deur te draf.

Local is kaklekker
Elders: Die Camino (Showmax)
Meeste dikgatte wat besef dat hulle dikgatte is maar tog iets daaraan kan doen, sit die tjoklits neer, kry ‘n gym membership of begin self die gras te sny of om die blok te draf. Dieselfde geld min of meer vir mense wat hulleself in donker plekke vind. Hulle probeer iets daaraan doen. Sommige van hulle vat dit moerse persoonlik op en begin innerlik met hulleself te worstel voor hulle uiting daaraan gee. Die joernalis en skrywer, Erns Grundling is een van daai mense. Hy het besluit om in 2015 die Camino in Spanje te gaan stap – 1025km in 40 dae, en het ‘n boek daaroor geskryf. Daar is toe besluit om die boek in ‘n TV-reeks te omskep en Ernst het saam met ‘n kameraspan teruggekeer na die Camino om sy pelgrimstog te verfilm.

Reality show tipe vaaibs
Ted Bundy – Falling For a Killer (Amazon Prime)
Na jare van doodse stilte tree Ted Bundy se langermyn girlfriend, Elizabeth Kendall, haar dogter asook so paar survivors na vore vir die eerste keer om in hierdie dokkiereeks om so bietjie lig te werp op hierdie complicated serial killer, vanuit die vroulike perspektief. Die reeks kyk na Bundy se absolute patalogiese haat vir vrouens en hoe dit gebots het met die feministiese beweging van die 1970s. Jy dink miskien jy het alles geweet van een van die berugste reeksmoordenaars ooit. Dink weer.

Pandemic: How to Prevent an Outbreak   (Netflix)
Mid-Coronavirus outbreak, is hierdie reeks dalk nie die beste ding op TV om te kyk vir jou gemoedstoestand nie. Ag, ek maak sommer ‘n grappie: ons is nie mid-Coronavirus outbreak nie – ons is skaars aan die begin. Het jy daai kurwe gesien? Dit lyk soos ‘n rocket wat nie uit fuel hardloop nie se straal. Hierdie reeks se timing kon nie fokken weirder gewees het nie! Dit kyk na die mediese personeel en die heroes op die front lines wat ‘n fight opsit teen influenza en hulle bes probeer om die volgende volgende groot pandemie te bestry. En hier sit ons nou in een. Moontlik die grootste medies fokop ooit. Pandemic: How to Prevent an Outbreak is in Januarie release, maar daar is nie ‘n fokken kans dat hierdie 6-episodes reeks in slegs ‘n maand geskiet en produce kon word nie, so dit beteken hulle het dit moontlik ten minste ‘n jaar gelede al begin skiet. Ons leef in fokken weird en onseker tye. Kyk dit gerus om iets te leer.

Befokte TV series om te binge
Nashville (Showmax)
Hierdie dramareeks speel af teen die agtergrond van die Nashville music scene waarin die 40-jarige superstar, Rayna Jaymes, se musiekloopbaan besig is om te kwyn. Sy word deur haar record label gedwing om saam met die baie jonger Julette Barnes (Hayden Panettiere) op toer te gaan omat haar nuutste album se sales tos is. Mense wat sal aanklank vind by hierdie reeks? Die tipe mense wat tune “Ag ek luister enige musiek behalwe metal en rap”, want – en hier is groot nuus vir jou – Afrikaanse musiek is nie ‘n genre nie; dis in meeste gevalle net baie slegte countrymusiek wat in Afrikaans gesing word…

Moerse lekker movies
The Report (Amazon Prime)
Adam Driver fans, line up! The Report is ‘n kaklekker thriller wat op actual event gebasseer is en ‘n baie onverwagse invalshoek vat op die gebeure rondom 911. Eintlik die gebeure na 911 en meer spesifiek hoe die CIA hulle “Detention and Interrogation Program” befryf het en tot watter uiterstes hulel gegaan het om die wrede geheime rondom dit vir die Amerikaanse (en internastionale) publiek weg te steek.


Ons is later in die week weer terug met nog ‘n lekker lys vir lockdown streaming.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!

Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Jy mag aan niks fokken raak nie, nie eers aan jou gesig nie, so sing saam en dans terwyl jy aan FOKOL raak nie:

Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:

Sort by confirmed numbers.

Country or RegionCasesDeathsRecovered
Hierdie post is 193 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,336,852 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinCoronavirus Lockdown Dag 27 – Wat kan ek stream?

Gooi Comment