Fokkit, peeps! Hier is ons nou by dag 21 – ons eerste dag van wat die lockdown se einde sou wees wat intussen verleng is. So van more af, klap ons ‘n ekstra twee weke en as mens kyk na die kak wat in Amerika aangaan, kan ek nie sien dat hierdie fokop vinnig uitgesort gaan word nie. Ek skiem mense begin ongeduldig raak en foute maak en kanse vat en gaan maak dat ons na die twee weke, ‘n ekstra twee weke gehok gaan word.
Dis ‘n fokken weird space om in te wees en ek was vandag self ‘n witness van hoe essential services ‘n groot fokop kan regruk. Ons het vanoggend wakker geword met fokol water omdat ons huis sy main supply binne ons erg gebars het. Maar dis nie al nie, want dit moes sommer ook onder die fokken paving gebeur het. Gelukkig was The Plumbing Lady hier binne ‘n uur om alles one time te fix! Beste diens wat ek al ooit van ‘n plumber gekry het en dit onder lockdown!
Sterkte daar by die huis en hou maar die (legit) nuus dop vir hoe lank ons nog ons eie beste vriende moet wees.
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Dora & Friends (Showmax)
Die kinders mag ook nêrens heen gaan nie maar ek skiem kids het dit baie beter af as ons grumpy grootmense. Hulle worry nie oor kak soos rekeninge of geld of werk of waar stuff vandaan kom nie (van die winkels af, duh!). Al wat hulle nodig het in hierdie lockdown is hulle eie verbeeldings en kids het fokken baie van dit. Ons escape deur zol te rook of drank te drink en kinders hoef net op hulle imaginary vriende staat te maak. Of hulle vriende wat binne die TV lewe. Vriende soos Dora the Explorer en al haar vriende wat orals heen travel met haar maps app en magic bracelet em jou kind saam met haar neem…
Natuurprogramme, doccies en biographies
Piet Botha: The Road (Showmax)
Twee maande kort van ‘n jaar gelede is Piet Botha oorlede aan kanker. Hy het ‘n moerse leemte in die musiekindustrie gelos. Rolbees het hierdie doccie nogal lekker ontleed in September verlede jaar, so gaan lees gerus sy review oor die storie wat kyk na Piet Botha se lewe. En kyk dan gerus die doccie as jy nog nie so gemaak het nie.
Local is kaklekker
Villa Rosa (Showmax)
Wow, hierdie soapie het elf seisoene opgelewer: In Bloemfontein is daar ‘n gastehuis waar die mure ore het en waar daar daagliks drama, intriges en ook baie komedie afspeel en ontwikkel. Hoekom moet jy dit kyk? Wel, een rede is dat ons tjommie, Hannes Brummer, nou en dan die dominees in die storie is en dat ons fokken trots op hom is. Ben Kruger, Elize Cawood en Dorette Potgieter is ook in die mix en Paul Riekert van Battery9 het die musiek vir die soapie gedoen! Fokken malles, ek sê! Nog ‘n rede is dat die soapie actually glad nie te kak is nie. Ek was totes ‘n Egoli closet case back in the day en nou gee Villa Rosa my vir een of ander rede flash backs van my studentedae in Pretoria.
Reality show tipe vaaibs
Gigolos (Showmax)
Gladde borskaste, six packs, man-têtte en koevoet-piele. Het ek julle aandag, dames? Hierdie bizarre show volg ‘n groepie aantreklike en welbedeelde manhoere van Las Vegas rond en kyk na hulle ongesensorde lewens. Hulle almal werk vir dieselfde escourt agency, Cowboys4Angels en hulle dag-tot-dag-jobs doen en late plaas hulle in ongemaklike en soms gevaarlike en ongewenste posisies. Sorry, het ek gesê six packs? Dis meer soos fokken agtien. Hierdie ouens het meer blokkies as ‘n fokken Lego-stel.
Befokte TV series om te binge
Luther (Showmax)
Idris Elba is ‘n fokken solid actor en ek kan aan niemand beter dink in die rol van Luther nie – ‘n briljante en soms emsionele impulsiewe speurder wat met die kakste van mense deal. Luther deal met moordsake wat dikwels serial killers insluit en een van sy talente is dat hy verstaan hoe die reeksmoordernaars se breine funksioneer. Sy metodes en persoonlike lewe laat hom egter bietjies te veel in die kak beland met sy bevelvoerders.
Moerse lekker movies
Mark Felt: The Man Who Brought Down The White House (Showmax)
Wat die wêreld op die oomblik kort is ‘n nuwe Mark Felt, want jirre, fok Donald Trump. Mark Felt is die dude wat in die seventies informasie gevoer en gelek het aan die joernaliste, Bob Woodward en Carl Bernstein. Hy het dit onder die naam skuilnaam Deep Throat gedoen. Aaah! Daar lui die klokkie nou vir jou. Yes, hierdie movie volg die spannende real life gebeurtenisse rondom die Watergate scandal in 1972 en as jy kyk waarvoor Nixon effektief onttroon is, is dit vir my ‘n fokken mystery hoekom Donald Oranje Fokneut Trump nog aan die stuur van sake is.
Terloops, Liam Neeson vertolk ‘n puik hoofrol…
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Trailer Park Boys: The Animated Series (Netflix)
Canada se gunsteling zefgatte is terug na season 12 se finalé en hierdie keer is die Nova Scotia boys terug as cartoons! Wat maak die cartoon-weergawe lekker? Die brasse kan nou nog meer kak aanjaag en stunts afpull. Iemand het hierdie reeks beskryf as “Brickleberry meets Maniac cop vs Drawn Together being raped by Archer” ek dink nie ek kan beter as dit doen nie.
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 22 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Wat van iets heeltemal fokken mal? Hardloop in ‘n sirkel rond op hierdie crazy Kaaskop se video:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,049,179 post views in totaal sedert 1 November, 2019.