In plaas van vandag die fok in te raak vir Donald Trump se kontkopgeid oor hy geld weerhou van die World Health Organisation en omdat alles oor Oranje Jesus se fragile ego gaan, kyk eerder hierdie fokken snaaks video wat hierdie chick in lockdown gemaak het:
Why is this so funny 😭😭😭 pic.twitter.com/3EXmwDKnEy
— ♡ (@kenlyn_paige) April 14, 2020
More sou ons laaste dag in lockdown gewees het, maar ons klap van Vrydag af nog ‘n ekstra twee weke. Dis net twee weke. Bly in die fokken huis dat ons hierdie kak virus saam kan fight.
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Marvel’s Guardians Of The Galaxy (Showmax)
Hierdie is vandag se kinders se Bravestar, RoboTech, Thundercats en He-Man maar dis eintlik beter by myle. Dit is in fact net so cool soos die movies. The Guardians, Star-Lord, Gamora, Drax the Destroyer, Rocket Raccoon, en Groot is almal in ‘n frantic resies teen tyd om ‘n superwapen te vind voor dit die heelal opfok. Kyk dit gerus saam met die kjênners.
Natuurprogramme, doccies en biographies
Che: Part 1 en part 2 (Showmax)
Hierdie biografiese film in twee dele is Steven Soderbergh se werk en vertel die storie van die revolutionary kakmaker, Che Guevara. Die eerste gedeelte fokus op die Kubaanse revolusie en deel twee ondersoek Che is poging om Bolivia te revolutionise. Ek skiem ek gaan dit ‘n kyk gee sometime hierdie week. Elke deel is 2 ure en 15 minute lank, wat beteken dat ek vier-en-‘n-half ure kan kill as dity nodig raak. Nog ‘n rede is dat ek wil sien wat Steven Soderbergh met hierdie storie gedoen het, aangesien hy verandwoordelik was vir Ocean’s 11, Ocean’s 12 en Ocean’s 8 en ek het die trilogie nogal geniet. By the way, jy kan Ocean’s 8 ook stream op Showmax.
Local is kaklekker
O Vet (Showmax)
Lisa van Rhyn is ‘n joernalis wat vir ‘n Christentydskrif werk. Sy kry ‘n assignment om ware skoonheid te ondersoek en as deel daarvan moet sy ‘n “Weight Lost” groepie join. O god!
Reality show tipe vaaibs
CoCo Cozy Design House (Amazon Prime)
Ek weet nie wiedefok Coco is nie, maar blykbaar het Forbes Magazine haar ge-rank as een van die top design influencers in die wêreld. Dis nogal ‘n bizarre klein reeksie en ek verstaan nie lekker altyd hoe Amazon werk nie. Hierdie show se episodes is enige iets tussen 3 minute en 8 minte lank. Like, what the fuck? Anyway, check hoe sy take aanpak soos landscaping, beddegoed uitkies, ‘n kombuis revamp. Dis basies ‘n dagboek van hoe sy haar huis transformeer. Moet sulke stuff nie net op YouTube bly nie?
#aksingforafriend
Befokte TV series om te binge
Girls – (Showmax)
Agt jaar terug het niemand geweet wie Lena Dunham is nie en toe kom die reeks Girls uit en sy word die it-girl, nie omdat sy ‘n model of super hot of sexy is nie, maar vir amper al die teenoorgstelde redes. Dis ook moontlik die eerste keer wat ons kennis gemaak het met Adam Driver – die bra wat lyk asof iemand ‘n polisieskets van Keanu Reeves probeer maak het. Hierdie is die perfekte reeks vir millenial chicks, maar ek moet erken dat ek dit self ook baie geniet het. Dit volg die verskeie vernederings, rampe en en seldsame small victories vat vier vrouens in hulle twintigs: Hannah, ‘n aspirant skrywer; Marnie, ‘n kunsgalery-assistent en niggies Jessa en Shoshanna. Ses reekse om te binge. Dis ‘n comedy-drama vibe, maar die episodes is min of meer sitcom-lengtes. Jy kan elke dag so een of twee kyk en dit behoort jou vir lank besig te hou.
Moerse lekker movies
Eurotrip (Showmax)
Sestien jaar gelede was Matt Damon 33, Jessica Boers 24 en Kristin Kreuk 21 jaar oud. Dis wanneer hierdie movie uitgekom het waarin hierdie hotties speel (2004). Dis ‘n deursnit studente-buddy-travel-comedy en dis moerse fun: Scott word deur sy sletterige goose gedump op die dag wat hulle graduate by die skool. Die bra voel heavy kak en sy tjommies ondersteun hom. Een van hulle, is sy Duitse penvriend, Mike. Lang storie kort, besluit Scott en so paar van sy gabbas om ‘n avontuur aan te pak deur Europa. Dis ‘n moerse lekker comedy en maklik om te kyk. Klap hom! Hy sal lekker werk vir enige kak mood.
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Robot Chicken Specials (Showmax)
En as jy klaar is met Eurotrip, vang so uur-en-‘n half se vermaak in die vorm van drie Robot Chicken Specials episodes. Hulle fok met alles wat pop culture is soso Star Wars by wyse van stop motion met barbiepoppe, action figurines. Ek is nie ‘n moerse fan van stop motion nie want dit maak my effens seesiek, so ek sal breaks vat tussen elke episode.
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 3 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Dis Vrydag en dis arms day. Dis fokken nooit leg day in Watkijkistan nie, so kom ons pomp daai arms. Jy kan even die hele tyd so Spar toe loop om kak te gaan koop. Jy lyk in elk geval reeds soos ‘n poes met daai masker en gloves:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,057,608 post views in totaal sedert 1 November, 2019.