So wat het jy die langnaweek geoden? Haha! Jirre, dit het nie eers soos ‘n langnaweek gevoel nie. Plus ek weet actually wat baie mense gedoen het – die fokken eier challenge. Jirre mense, stop dit. Dis fokken lame, veral die mense wat probeer harcore wees en die eiers deur hulle neuse opsnuif. Dis so fokken predictable. Weet jy wat kan jy eerder doen in plaas daarvan om ‘n unfunny doos op Facebook te probeer wees? Los ‘n dosyn eiers bo-op jou asblik met ‘n thank you note vir die mense wat jou fokken leë drankbottels saam met jou trash moet wegry elke week. Of kook die eiers en druk dit in jou hol op. Dit sal my miskien 4% impress…
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Disney Ducktales (Showmax)
Hierdie show is een van my gunsteling memories van kindwees in die 80s. Ducktales het in 1987 begin air en het 101 episodes uitgebring en 30 jaar later het hulle die show ge-revamp met nuwe avonture. Die theme song is dieselfde tune maar net “nuwer” en ek like nie Scrooge McDuck se nuwe stem nie. Jou kind sal nie vir ‘n fok weet wat hulle gemis het nie, want dis actually maar nog steeds dieselfde tipe adventures. So as jy so fokken dikbek soos ek is, onthou net – dis vir kinders gemaak, nie vir fokken ballies soos ons nie. As dit jou sal laat beter voel – Donald Duck klink nog steeds soos ‘n doos.
Natuurprogramme, doccies en biographies
Expedition Impossible (Showmx)
Drie spanne moet probleme, mysteries en puzzles oplos in ‘n race oor woestyne, berge en deur riviere as deel van ‘n uitmergelende ekspidisie en daar is dik zak op die spel. Ek het amper al die Amazing Race seasons klaar gekyk (ek het een oor om te klap) , so ek gaan Expidition Impossible kyk sodra ek klaar is met daai outjies.
Local is kaklekker
Sy Klink Soos Lente (Showmax)
‘n Mechanic ontmoet die girl van sy drome en sy is ‘n fancy-ass ouditeur. Die bra skiem skiem hy is nie goed genoeg vir haar nie en jok oor wat hy doen vir ‘n lewe.
Reality show tipe vaaibs
Survivor: Kaôh Rōng (Showmax)
Dis show wat ek die heel meeste gekyk het in die afgelope amper drie weke in lockdown, was Survivor. Vir een of ander rede het ek hierdie een gemis en die ander gekyk, at nogal ‘n fokop is, want in die reekse hierdna keer van die deelnemers terug, so ek het myself gefokken snoeker en weet reeds watter van die konte die eiland moes verlaat. Stupid fokken mistake. En toe ek nou gaan kyk het waar alles is sodat jy nie dieselfde fout moet maak nie, het ek agtergekom dat ek season 38 ook moet kyk, so nou moet ek Survivor: Kaôh Rōng kyk oor ek Survivor: Edge of Extinction kyk, want netnou is daar ook ex-fokken contestants of iets.
As jy ‘n super Survivor fan is, kyk dit in hierdie volgende volgorde:
Survivor: Kaôh Rōng (season 32)
Survivor: Millennials vs. Gen X (season 33)
Survivor: Game Changers (season 34)
Survivor: Heroes vs. Healers vs. Hustlers (season 35)
Survivor: Ghost Island (season 36)
Survivor: David vs. Goliath (season 37)
Survivor: Edge of Extinction (season 38)
Survivor: South Africa (season 6)
Survivor: South Africa (season 7)
Befokte TV series om te binge
Veep (Showmax)
Ek is net so groot fan van Julia Louis-Dreyfus as wat ek van Tina Fey is. Veep het veelvuldige Emmys en Golden Globes gewen en meeste van dit vir Louis-Drefus se vertolking van die vuilbek US vice president, Selina Meyer. Dis fokken snaaks en daar is sewe seasons om te binge. Ek kan net imagine dat Amerika in regte lewe beter af met Selina Meyer se karakter sou wees as president. Kyk, haar karakter is net so faktap soos Trump s’n, maar ten minste het sy ‘n brein.
Moerse lekker movies
Venom (DStv Now)
Venom is die weird sci-fi thriller storie van ‘n failed reporter, Eddie Brock, wie se lyf oorgeneem word deur ‘n alien symbiote. Dis soortvan ‘n Dr Jeckel and Mr Hyde vibe en Eddie verander in Venom, ‘n parasitiese antihero. Dis ‘n baie fokken weird movie maar baie entertaining. Dit sal jou gedagtes van die lockdown kak weghou vir ten minste twee ure.
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Bojack Horseman (Netflix)
As jy net na screen shots of images van Bojack Horseman kyk sonder dat iemand jou enige iets daarvan sou vertel, sou dink dat dit op die oog af lyk soos Bob’s Burgers of Family Guy of iets van Adult Swim waaraan jy gewoond is. En hoekom nie? Die main karakter het ‘n perd se kop en ‘n mens se lyf en hy date ‘n pienk kat en sy lawyer is like, ‘n fokken duif of iets? Dit is wel ‘n comedy maar dis actually meer van ‘n drama, wat my nogal uitgefreak het in die begin omdat ek niks daaroor opgelees het nie, so hier is die agtergrond: Bojack Horseman was ‘n ster in die TV reeks Horsin’ Around in die 80s en 90s en nou is hy ‘n washed up actor wat in Hollywood bly, oor alles bitch en moan en so bietjie van ‘n drank en substance probleem het.
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 20 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Vat vir hom laag. Moet nie ‘n holsper skeur nie:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,092,194 post views in totaal sedert 1 November, 2019.