Welkom by dag 15 van die 21-dae lockdown, of sy splinternuwe naam, dag 1 van dag 21 van die splinternuwe lockdown. Yup, Onse Prez het die regte ding gedoen en die lockdown met nog twee weke extend. Moenie fokken mal raak nie. Hou kop en bly binne jou fokken erf/huis/woonstel want die volgende drie weke raak fokken crucial om die coronavirus op te fok. As jy regtig MOET uitgaan vir essentials (met ander woorde jy is op jou laaste krieseltjie kos) cover jou fokken gesig en dra handskoene en was jou hande soos ‘n demoon as jy terugkom van die shops af. En reset dan sommer jou eie self-isolation timertjie na 14 dae, want jy weet wie daarbuite aan wat geraak het nie. Nie almal vat die storie ewe ernstig op nie so die kanse is ontsettend groot dat jy aangesteek kan word deur ‘n konterige kansvatter.
Bly asseblief by die fokken huis!
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Nature Cat (Showmax)
Fred is luigat van ‘n kat, soos katte maar is. maar sodra sy eienaars hulle voete by die deur uitsit verander hy in Nature Cat en geniet allerhande buitemuurse aktiwiteite met sy tjommies. Hierdie is ‘n lekker energieke vibe en die animasiekuns is nogal iets anders.
Just Add Magic (Amazon Prime)
Hierdie is ‘n storie vir laerskoolkinders en vroeë hoërskoolkinders – kom ons sê so net-net in graad 8 in, maybe? Kelly Quinn en haar twee BFFs, Darbie en Hannah kom op haar ouma se kookboek af in die solder en dis nie Huisgenoot se Wenresepte nie. Nee, dis ‘n boek vol spells, want ouma was ‘n heks of iets gewees. Die dogtertjies maak byvoorbeeld ouma se Shut’em Up Shortcake resep en skielik word Kelly se orige boetie stilgemaak. Dis nogal kinderagtig, quirky maar terselfdetyd nogal charming. Dis iets wat die hele gesin kan geniet. Daar is drie seasons van hierdie show beskikbaar.
Natuurprogramme, doccies en biographies
Icons (Showmax)
Hierdie is nogal ‘n interessante manier om ‘n historiese oorsig oor ikone weer te gee en dit het bietjie van ‘n twist – in elke episode gee celebs ‘n oorsig oor belangrike figure wat mense insluit soos explorers, aktiviste, sportmense en dies meer. So in elke uurlange episode word daar op sewe belangrike figure gefokus wat elk deur ‘n celeb verteenwoordig word en soortvan namens die historiese persoon sy saak vir hom moet stel. ‘n Live audience vote dan vir die mees invloedryke persoonlikheid. As jy ‘n history buff is, is jou Sondag sorted.
Local is kaklekker
Jagveld (Showmax)
Leandie du Randt, Bouwer Bosch se ex-vrou, vertolk die hoofrol van Emma in Jagveld (of Hunting Emma as die internasionale release) wat die ooggetuie is van ‘n wrede moord in die Karoo op ‘n polieman deur deur ses mans. Die moordenaars besef dat sy hulle gesien het en maak jag op haar. Sy vat nie kak nie…
Reality show tipe vaaibs
The Urban Prepper (Amazon)
Weirdly genoeg is hierdie seker iets wat jy ‘n maand terug al moes gekyk het. Daar is drie seisoene van kort episode wat wissel tussen 8 minute en 18minute in lengte wat jou raad gee oor hoe om voor te berei vir wanner die kak die fan strike. Min of meer die situasie waarin ons almal onsself tans bevind. Daar is raad oor hoe om batterye te stoor, ‘n evacuation kit te aanmekaar te sit, emergency kits saam te flans en basies hoe om vir die ergste van die ergste scenarios voor te berei. Dalk is dit steeds ‘n goeie idee om dit nog hierdie naweek te kyk, siende dat die lockdown verleng is en ons toekoms effe duister is.
Befokte TV series om te binge
Being Mary Jane (Showmax)
Reg vir ‘n lekker chick-drama? MJ trek van Atlanta na New York om haar verlede te onstnap, maar ongelukkig los sy nie die drama in haar ou dorp agter nie. Nuwe vyande maar ook potensiële boyfriends om elke hoek en draai en sy moet haar kak bymekaar probeer hou. Vier seisoene van hierdie drama – ideal vir die single chicks in lockdown wat bietjie ontvlugting soek.
Fear the Walking Dead (Amazon Prime)
Hierdie horor-zombie-drama is die The Walking Dead se prequel speel aavanklik af inb Los Angeles en later Mexico. Dit volg ‘n saamgestelde familie (stiefboetie en stiefsussie vibes) wat nuwe skills moet aanleer soos die apocalpyse rondom hulle ontvou en die mensdom uit mekaar uit val. Ek sal hierdie outjie aanpak sodra ek klaar is met Walking Dead, maar dit gaan ‘n rukkie vat, aagesien ek poesbang is en dit net deur die dag kan kyk.
Moerse lekker movies
Red en Red 2 (Showmax)
Wanneer laas het jy ‘n lekker Bruce Willis movie gekyk? Hierdie twee flieks het bakkievragte aksie, skop, skiet en PKs en ‘n all star cast to boot met ouens soos Morgan Freeman, John Malkovich en my gunsteling sexy krimpie, Helen Mirren! Frank (Bruce Willis) is ‘n voormalige hard core black ops agent wat nou die stiller en rustiger lewe geniet maar sy vrede word opgefok met ‘n nuwe klas sluipmoordenaar. Jy kan hierdie sommer back-to-back kyk vandag as jy nog nie planne gemaak het nie, andersins kan jy hierdie twee outjies spaar vir Saterdag saam met ‘n lekker paar stywe doppe.
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Tales From the Tour Bus (Showmax)
‘n Animated reeks wat die stories van die grootste kakmakers in die musiekindustrie vertel. In season een kry ons te doen met rock ‘n rollers soos Johnny Paycheck, Jerry Lee Lewis, George Jones en Tammy Wynette. Season 2 vertel die stories van die funk ouens van die 70s en hulle is amper erger as die rock stars – George Clinton, Rick James, Bootsy Collins en James Brown. Trust my, jou fokken bek gaan oophang.
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 16 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Jirre, ek post nogal baie naff goeters vir iemand wat supposedly into rock en metal is. The secret is out. Ek is poes zef en hou van Ariande Grande en Jessie J. Nicki Minaj is sif en kan gaan kak. Drope die fokken beat. Laat jou voete ophou jeuk en kry jou gat aan die werk:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,112,804 post views in totaal sedert 1 November, 2019.