Dagsê by dag 14! Ons is nou twee derdes deur die lockdown. Hoe lyk jou skywe? En jou drank? Het jy jou kak habits gelos of is die ontoeganklikheid van jou vices besig om jou van binne af op te vreet? Dis alles in jou fokken kop, man. Jy sal fine wees. Daar is hopelik nog net een week oor van hierdie kak en dan kan jy weer aangaan met jou lewe wat moontlik vir altyd disrupt is. Maak vrede daarmee dat alles post corona uncharted territory gaan wees.
“Change is as good as a holiday” – ‘n holday waarop jy nie kan gaan nie omdat jy by die huis moet sit sonder sak. Welkom aan almal van ons by hierdie tos vakansie-oord. So gepraat van holiday – more is public holiday, so jy kan by die huis bly.
HAHAHA!
Goeies…
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
The Gruffalo (Showmax)
Ons het juis gesiter gepraat oor Julia Donaldson, die tannie wat al hierdie cool stories soos The Guuffalo geskryf het – ‘n storie oor ‘n klein muis wat sy pad deur die woud moet vind op soek na kos. Die reis is kakgevaarlik en almal wil hom vreet, so hy maak ‘n liegstorie op oor sy kmatige vriend, die Gruffalo, wat ‘n monster is en hulle lmal kan opfok. Stemwerk word odner ander gedoen deur Helena Bonham Carter en James Corden. Terloops, hierdie boek het oor die 13 miljoen copies verkoop.
Charlie and The Chocolate Factory (Netflix)
Pret vir die hele gesin! Willy Wonky maak die deure oop vir vyf lucky kinders na sy swietiesfabriek om al die secrets te leer. Dis ‘n great Tim Burton movie met Johnny Depp en ons kan net fokken dankbaar wees dat Nicolas Cage nie die hoofrol gekry het nie, want yes, daai kak het amper gebeur!
Natuurprogramme, doccies en biographies
Explorer (Showmax)
As jy genoeg gehad het van Bear Grills se kak, gee bietjie vir Adam Shoalts ‘n kans. Hierdie bra is op ‘n mission om te gaan explore waar mense nog nie explore het nie. Dertien epsiodes en jy hoef fokken nêrens heen te gaan om weird plekke te beleef nie. Kyk, ons weet jy is op die oomblik op ‘n weird plek in jou lewe, maar ons almal is staam daar.
Local is kaklekker
Iewers In Afrika (Showmax)
Hierdie is ‘n lekker local show. In elke episode is daar twee celebs wat vir vier dae lank hard moet werk op ‘n plaas net buite SA se grense. Ter selfde tyd leer hulel harde lesse. Wat hierdie show vir my lekker maak is dat ek glad nie weet wie hierdie sogenaamde celebs is nie, so dis in ‘n manier weird om te sien hoe gewone mense optree asof hulle special is. Kaksnaaks!
How to Steal R2million (Netflix)
Wat van ‘n plaaslike crime en grime movie? ‘n Bra wat pas vrygelaat is uit die tjoekie wil ‘n besigheid om die been bring maar die bank wil noddefok vir hom ‘n lening gee nie, os hy besluit om sy eie permanente lening aan te gaan in dvorm van ‘n mijoen dollar hesit. Dollar, pappie, nie rande nie. Jissis, wat is ‘n dollar werd in hierdie lockdown? Is dit al twintig skille?
Reality show tipe vaaibs
Love Island UK (Showmax)
Van al die Love Island weergawes wat beskikbaar is om te stream gaan gaan ek raai dat hierdie ene die heel slegste van almal is. Jirre, Britse chav chicks wat skiem hulle posh terwyl hulle eintlik maar poesh is…
En dis hoekom ek besluit het om hierdie eerste te kyk. Ek is lus vir car crash TV nadat ek Survivor season 33 geklap het.
Befokte TV series om te binge
The Boys (Amazon Prime)
Wat moet jy eerste kyk op vandag se lys? Hierdie fokken show! Dis ‘n wêreld van super heroes wat ook super celebs is en hulle meer donker kante aanvaar. Hulle is eintlik ‘n klomp konte wat te veel power het, so daar is ‘n vigilante groep, bekend as The Boys, wat daarop uit is om die korrupte superhelde goed op te fok. Dis ‘n totally vervrissende spin op die hele super hero genre en heeltemal off-centre en mal.
Moerse lekker movies
21 Jump Street en 22 Jump Street (Showmax)
Joah Hill en Channing Tatum is undercover cops en moet in die onderskeie movies eerstens ‘n skool infiltreer om ‘n drug kartel op te fok en tweedens die studentelewe na hulle fake skoolloopbaan aanpak om weerens ‘n drug kingpin op te fok. Soos met enige buddycop movie is die storielyn glad nie van belang nie. Ons almal weet hulle gaan die bad guys opfok.Waaroor dit gaan, is al die snaakse kak wat in die middel gebeur om die storie te vertel. En jy gaan jou hol af lag vir hierdie twee fokkers.
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Castlevania (Netflix)
Hierdie anime vibes het vir een of ander rede altyd te doen met evil, en nie sommer enige evil nie. Vir een of ander rede moet dit altyd ‘ancient’ evil wees. In Castlevania het ons juis met daai evil te doen – die main karakter, Trevor Belmont beland in die paniekbesaaide stad van Gresit waar hy presies hierdie spesie van evil op sy plek moet sit.
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 15 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. jy moet versigtig wees met hierdie moves. Moenie potplante teen jou piel breek nie en moenie jou muebels stukkend naai nie. En moenie dat jou goose op jou neus val met haar gwap nie. Julle gaan dit nie oorleef nie. Dar is egter kakbaie moves om al die spiere in jou lyf te oefen:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,110,940 post views in totaal sedert 1 November, 2019.