Dis dag 13 van 21 en nou het een van Suid-Afrika se eie ministers ook die social distancing en lockdown ge-violate. Comms en digital minister, Stella Ndabeni-Abrahams, het gaan fokken lunch vreet by die voormalige adjunkminister van higher education, Mduduzi Manana se fokken huis! En toe was sy fokken onnosel genoeg om ‘n fokken foto daarvan op Intsabrag te post!
Jirregod, mense! Dis 21-dae lank wat osn bietjie selfbeheersing moet toepas en dis vir almal se beswil. Dis nie die fokken einde van die wêreld nie. Jy wat buite jou huis rondtos gaan die einde van die wêreld op-speed, jou dom naai!
Daar is maar 8 daggies oor van die lockdown, maar met poepholle soos ons eie ministers, gaan hulle vir fokken seker die lockdown moet verleng. Dink bietjie verder as jou fokken loopneus!
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
The Highway Rat (Showmax)
Julia Donaldson moet teen hierdie tyd al stinkryk wees op die ouderdom van 72. Sy het ‘n hele string kinderboeke geskryf waarvan ‘n hele paar daarvan screenplays gekry het en adapt is vir movies en TV soos by voorbeeld, The Gruffalo, The Gruffalo’s Child, The Snail and The Wail en meer onlangs The Highway Rat. Laasgenoemde gaan oor ‘n gulsige dief wat almal se kos steel en dinge fok so bietjie uit. Ideaal vir ‘n sedelessie vir jou kind. Dis nou as jyself nie gaan panic shop het en jou trollie vol onnodige kak gelaai het vir die lockdown nie. Jy weet, soos ‘n fokken highway rat…
Classic Popeye (Amazon Prime)
Dude, as jy ooit as kind ‘n moerse fan van Popeye was soos ek – tik net sy naam in op Amazon Prime. Daar is 4 seisoene van Popeye: The Continuing Adventures, dan is daar twee seisoene Classic Popeye asook Popeye: 33 Cartoon Classics wat saam oor due 4 ure klok en laastens twee seasons van Popeye and Son. Ek sit eerder dit in die agtergrond aan terwyl ek werk as om na die gesanik op 702 te lusiter. Fokken Eusebius…
Natuurprogramme, doccies en biographies
Spy In The Wild (Showmax)
Hierdie klink creepier as wat dit is: Spy in the Wild infiltreer die diereryk deur gebruik te maak van animatronic creatures en versteekte kameras wat hulle orals wegsteek soos in eiers en bolle kak. Dit gee ons van die beste close-ups ooit van diere om hulle doen en late, vriendskappe, liefde en die kak wat hulle met mekaar maak te ontul. Vier ure se salgatgeit op die couch.
Unabomber in his Own Words (Netflix)
Oudergewoonte het ons ietse vir die true crime fans. Ted Kaczynski was beter bekend as die Unabomber en hierdie doccie-reeks het ‘n rare interview met die man homself. Jy kan nie glo dat iemand so intellektueel die pad so byster geraak het om een van die mees gevreesde mense in Amerika te word nie.
Local is kaklekker
Kampkos (Showmax)
John-Henry Opperman (van Klopjaag-faam) en sy stukkie, Beáte Olwagen kuier saam met interessante gaste terwyl hulle kampkos maak. Dis dalk nou die regte tyd om so paar episodes in te ryg en resepte te score. Jy kampeer mos nou by die huis…
Seun (Netflix)
Dit klink of hierdie vibe oor die Suid-Afrikaanse bosoorlog gaan en meer spesifiek oor die nadraai vir een spesifieke jong man wat na die oorlog terugkeer na sy ouers en girfriend as ‘n heeltemal ander mens.
Reality show tipe vaaibs
Car Masters Rust To Riches (Netflix)
Die ouens by Gotham Garage restoureer en pimp ‘n moerse cool collection karre en trokke wat hulle vir cheap optel en verkoop dit dan vir moerse profits. Julle petrolkoppe gaan hierdie dik smaak!
Befokte TV series om te binge
Psych (Amazon Prime)
Fans van The Mentalist, skuif nader – Psych rip dit af met over-the-top comedy. Shawn Spencer gee voor dat hy ‘n psycic is en word op ‘n freelance basis deur die Santa Barbara Police Department gehuur om moordsake op te los. Hy sleep sy beste tjommie, Gus, saam met hom deur al die avonture. Dis soos die cops weergawe van Scrubs. Een van my gunsteling breindoodreekse.
Moerse lekker movies
Al die Terminator movies! (Showmax, Amazon Prime en Netflix)
Jy kan letterlik al die Terminator movies kyk deur rond te hop op die verskillende streaming platforms. Dis actually die heel eerste ding wat ek en my goose op dag 1 van die lockdown gedoen het. Dit het ons van die oggend tot laat die aand besig gehou.
Die eerste een, The Terminator, is op Showmax.
Terminator 2: Judgement Day, is op Amazon Prime.
Terminator 3: Rise of The Machines is op Netflix
Terminator: Salvation is op Netflix
en Terminator: Genisys is weer op Showmax
Dis min of meer tien ure se vermaak!
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
The Jellies (Showmax)
Adult Swim het nog ‘n outjie uit die park geslaan met The Jellies, ‘n outrageous cartoon-sitcom vibe wat oor ‘n gesin jellievisse gaan wat ‘n mens as seun aangeneem het. Jirre, die prys van zol in Amerika moes lelik geval het oor die laaste paar jare…
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 14 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. In my boek kan Bruno Mars gaan kak, maar hierdie tune is fokken fire. En as jy op hierdie kan dans, kan jy op enige iets dans:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.