Coronavirus Lockdown Dag 12 – Wat kan ek stream?

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Die eerste fake news kont in Suid-Afrika is gister ge-arresteer en hy is sover een van 8 mense. Fokken kry vir, nool! As jy wil kak praat op Facebook, videos op YouTube wil laai of fokken voice notatjies aanstuur om paniek te probeer saai omdat jy aandag nodig het, is jy ‘n fokken doos. Genuine, fokken get a grip, mense. Al is dit net vir die volgende 9 dae wat oor is van die 21-dae lockdown. Wat is so fokken moeilik daaraan? Dis so maklik soos: doen fokol.

Fok, jy kry onnosel mense…

Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:

Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize

National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa

SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/

Global Total
Last update on:
Cases

Deaths

Recovered

Active

Cases Today

Deaths Today

Critical

Affected Countries

Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix.  All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies 
Spongebob Squarpants Movies (Netflix)
Dis vir my fokken weird hoe mense indiepte reviews op plekke soos IMDB gaan los oor kinderprogamme en movies soos Spongebob Squarepants. “Very stupid indeed. But very funny”
“I didn’t quite know what to expect when I walked into the theater”
“I’m a big fan of SpongeBob SquarePants TV-series. And when the movie came out, I was more than suspicious”
Jirrefok, is jy ernstig? Jy is ‘n fokken grootmens. Kinders stel belang in reviews nie. Speel dit vir ‘n kind en hulle either dink dis befok of dis creepy. Case closed.
O wag, dagga is mos nou mainssteam. Sorry man, crit away…

Natuurprogramme, doccies en biographies
Earth’s Great Rivers (Showmax)
Voor jy hierdie kyk, net bietjie van ‘n disappointing spoiler alert: hierdie drie uurlange episodes feature ongelukkig nie die Vaalrivier, Apiesrivier of die Juksei waarin Steve Hofmeyr al sy kak weggooi nie. Kan jy raai watter drie rivere hulle feature saam met die omgewings se merkwaaardige dierelewe en asemrowende landskappe? Dis eintlik nogal voor die hand liggende keuses – dis die Amazon, die Mississippi en die Nyl.

Murder Maps (Netflix)
Hierddie drie seisoene is vir julle freaks wat nie genoeg van true crime kan kry voor lunchtyd nie. Ek is ook een van daai mense. Murder Maps is ‘n dramadoccie en vat ons terug in tyd om van die mees verrassende en skokkende moorde te ondersoek.

Local is kaklekker
Vir die Voëls (Showmax)
Vir die Voëls is gebaseer op die ware verhaal van Irma Humpel, ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland, langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Korrelkop-rabbedoe. Korrelkop-rabbedoe. Korrelkop-rabbedoe. Jirre, dis ‘n weird term. Ek dink Korrelkop-rabbedoe beteken either tomboy of bi-curios. Of is dit ‘n sous? Sprinkel korrelkop-rabbedoe oor jou medium rare steak…

Reality show tipe vaaibs
The Bachelor South Africa (Showmax)
Ek het so paar virendinne wat hierdie kak opvreet, maar dis nie vir my nie. As dit vir jou is, het ek goeie nuus: daar is twee seisoene om te binge. Ek het ‘n ander probleem – ek het toe gisteraand wel Survivor: Millennials vs. Gen X begin kyk en toe ek weer sien was dit fokken 4am, so ek is fokken moeg vandag. Ek is ook al klaar die bliksem in vir so paar Millennials en Gen X’ers op daai show. Ek gaan probably netnou verder kyk want dis soos drugs.

Befokte TV series om te binge
The L Word (Showmax)
Shit, ek het nie eers geweet The L Word het op die ou einde ses seasons uitgebring nie. Ek het dit misgedrink of iets anders gedoen na season 1, maar dis so lank terug dat ek seker maar van voor af moet begin daarmee. Dis iets om op die back burner te sit vir nou. Plan B. Hierdie is beslis een vir die gooses en especially die gooses wat like om ander gooses te vry. Geniet die bekroonde drama oor die lewens en liefdeslewens van ‘n groep vroue in LA. As jy nog wonder – L in hierdie geval staan vir lesbian, hoor.

Ragnarok (Netflix)
Een van daai Norwegian vibes, soos jy seker uit die naam kon aflei. ‘n Klein dorpie word deur besoedeling bedrieg en naturally is die gletsers in die kak want hulle begin smelt. Die eindtye voel naby – amper soos nou tydens hierdie faktap lockdown – en net ‘n legend kan die ou evil fight. Dis ‘n fokken slick production maar ek skiem jy gaan gesuip moet wees sodat die oorklanking by die mondbewegings kan pas. Of as jy dronk genoeg is, kyk dit sommer met die original Norwegian klankbaan. Maybe verstaan jy dit, want dis hoe jy altyd klink as jy probeer praat wanneer jy kakdronk is.

Moerse lekker movies
Crazy Rich Asians (Showmax)
As jy vandag heavy voel, sit hierdie romcom aan om te ontvlug. Dis ‘n easy kyk, snaaks, cute en bietjie iets anders as die run-of-the-mill romantiese komedies. ‘n Jong Asian vrou van New York travel na Singapoer om haar boyfriend se familie te ontmoet en vind uit dat hulle stink fokken ryk is en dat al die ander chicks haar boyfriend probeer steel, juis vir sy zak.

Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Animals (Showmax)
Duiwe wat gangsters is, rotte wat orgies gooi en katte wat drugs doen in New York.
Dis… anders, maar dis fokken snaaks. Kyk dit net – jy het drie seasons om deur te draf…


Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 13 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!

Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Laat jy fokken jiggy raak met oom Will:

Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:

Sort by confirmed numbers.

Country or RegionCasesDeathsRecovered
Hierdie post is 169 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,342,396 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinCoronavirus Lockdown Dag 12 – Wat kan ek stream?

Gooi Comment