So ons bitch en moan elke fokken dag oor fake news en toe gaan staan en praat News24 kak die grootste kak oor die Bill Gates foundation! So as jy hulle gehelp het om kak te versrprei, gaan delete daai links. Dis nie jou skuld nie, dis New24 wat nie hulle fokken werk gedoen het nie, maar as jy nie die links wat jy geshare het, verwyder nie, help jy om die kak aan versprei.
Jirretog.
Ons is vandag lunchtyd presies in die middel van die 21-dae lockdown en ons probeer dié van julle wat verveeeelag is (dis mos wat Afrikaanse mense tune, in plaas van ‘verveeld’) bietjie besig hou. Ons het weereens ‘n piele TV-lysie hieronder, maar hier is nog goeie nuus – wel… dis goeie nuus vir dié van julle wat nie al julle vodka op fokken dag 1 opgesuip het nie, en ook toevallig ook grenadillas by die huis het – hier is vir jou ‘n piele DIY zoerdoef-reseppie wat ons oor die naweek prakseer het en dis FOKKEN lekker. Kap hom straight of moer ‘n tripple shot in jou gunsteling bierglas of koeldrankglas saam met 4 blokkies ys en Sprite. Dit sal voel asof die somer jou ‘n broeknaai gee:
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Mister Maker (Showmax)
Mister Maker is fokken goed met arts en crafts en om interessante goedtjies te bou en hy het tjommies wat hom help en hulle sing en het pret en dis net te fokken lekker! Hopelik het jy nog nie al jou junk weggedoos nie, want jou laitie kan dalk iets piele bou in plaas van hom sy vingers in muurpropper te druk of kak in en om die huis te breek. Mr Maker is soos Suzell DIY vir kinders. Net cooler.
Inspector Gadget (Amazon Prime)
Hierdie is straight uit die fokken 80s uit en jy gaan dit self ook wil kyk. Dis die original reeks met die wêreld se nommer 1 bionic detective wat crime solve met behin van Penny en Brain. Jirre, as hierdie jou nie nostalgies maak nie.
Go-go-gadget-brandewyn-dispenser!
Natuurprogramme, doccies en biographies
The Test (Amazon Prime)
Wat van so stukkie krieket terwyl die hele aardbol se live sport gekanselleer is? Hierdie doccie volg die Ozzie krieketspan met lekker behind-the-scenes vibe en kyk hoe die wêreld se beste krieketspan uitgefok het en forseer is om te fokus en hulle titel en integriteit terug te kry. Jirre, ek wens die Proteas kyk hierdie storie aandagtig, want fokkit, boys…
The Vietnam War (Netflix)
Hierdie is vir die oorlog nerds (soos ekself) wat nog nie in diepte gaan kyk het wat presies in die Vietnamoorlog gebeur het nie. Ken Burns en Lynn Novick bied ‘n boeiende 10-episode reeks aan en kyk na die mense wat hierdie oorlog belweef en “geleef” het. Van die soldate tot die protestors politicians en die families. Hierdie het die hele Amerika geraak en by verstek die wêreld se koers verander.
Local is kaklekker
Schalk Bezuidenhout: Schalkie (Showmax)
Hierdie is Schalk se derde Engelse one-man show waarin hy so bietjie met homself spot deur stories van sy lewe te vertel. Hy het juis vanoggend op Facebook tekere gegaan oort mense wat hom heeltyd in fokken Facebook challenges tag. Jirre mense. Stop dit. Sommige van osn het fokken werk om te doen, al is dit net om julle te entertain…
Reality show tipe vaaibs
Survivor: Millennials vs. Gen X (Showmax)
Moenie hierdie spoil nie, ek moet dit nog kyk. Ek is self ‘n Gen X-er en wonder hoe hierdie storie gaan verloop. Gen X vat nie fokken kak nie, maar ek moet byvoeg dat Gen X tans nie beste van almal doen nie. Boomers is op pad na die einde van hulle lewens, Millennials en Zenials is in hulle prime of sterk op pad daarheen en Gen X is fokken moeg, bebkliksemed meeste van die tyd en baie sukkel met ‘n midlife crisis. Sestien episodes om deur te draf. Ek begin hom sommer vanaand!
Befokte TV series om te binge
Broken (Showmax)
Hierdie klink na dik kak en drama. Sulke lekker Britse, slow-paced drama. As vandag vir jou soos Sondag voel, attempt hierdie outjie.
Michael Kerrigan is ‘n gerespekteerde Katolieke priester wat sy hand oor ‘n groot gemeente uistrek in die noorde van Engeland. Hy probeer sy gemeenskap lei, ten spyte van sy eie traumatiese opbrengs. Dit mag dalk te heavy wees vir jou, afhangende van jou gemoedstoestand tans, so approach with caution.
Walking Dead (Netflix)
Ek sukkel nou al hoe fokken lank om hierdie bliksemse storie klaar te kyk. Ek trek nou eers in die fokken middel van season vier en daar nege seasons! Dis nie dat dit kak is nie. Die probleem lê by my – ek kan dit net deur die dag kyk, anders kry ek nagmerries. Soos ‘n fokken kind. Anyway, volg die die storie van sherrif deputy Rick Grimes wat geskiet word, in ‘n koma verval en bykom wanneer die aarde fucked is – ‘n zombie apocalypse het die planeet aan die ballas beet. Die hare op nek staan al klaar weer regop. Jissis.
Moerse lekker movies
Singularity – (Showmax)
Nooit ou! hierdie klink soos die coronaviruskak waarin ons nou is. ‘n Super computer werk uit dat die aarde se grootse bedreiging die mensdom is. OK, ek dink nie ons het ‘n super computer nodig om te figure dat ons almal eintlik maar ‘n klomp konte is nie. Anyway, die computer obliterate amper die hele populasie en jare later soek ‘n tiener laitie na oorlewendes in ‘n wêreld wat deur masjiene ge-run word. John Cusack is in die movie, so ek gaan hom ‘n spin gee, al het dit ‘n low-as-balls rating van 3.9. Sharknado vibes, miskien?
En daarna gaan ek Unfriended kyk net om die bar te lig vir die res van die week. As jy jou Maandag kak begin, kan die week mos net beter raak, of hoe?
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
American Dad (Showmax)
Ek het gister bietjie uitgevaar teenoor Seth McFarlane en meer spesifiek oor Family Guy en hoekom ek dink dit ‘n pot kak is. Seth maak beter reekse ook. Anerican Dad is vir my byvoorbeeld beter as Family Guy. Well, enige iets is actually beter as Family Guy. American dad gaan oor Stan Smith, ‘n CIA agent, sy faktap familie en weird vriende. Gaan ky kvir jouself en laat my weet wat jy skiem?
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 12 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Gooi ‘n suggestiewe dansie voor jou TV of laptop saam met die Jacksons. As hulle daai moves in daai stywe seventjies outfits kan doen, kan jy dit afpull in jou vest en jou onna:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,092,703 post views in totaal sedert 1 November, 2019.