Rapport tune in vandag se nuus dat hierdie lockdown kak moontlik vir nog twee tot vier maande lank kan extend word. Jirre, ek fokken hoop nie so nie, want ek weet nie of ek die krag gaan hê om elke dag vir 120 dae na die 21 dae ‘n artikel soos hierdie gaan kan research en uitkak nie. ‘n Man wil bietjie houtwerk doen en naai ook…
Dis nie so erg nie – jy moet onthou dat Rapport dit fokken erg like om vrees te verkwansel. Gaan kyk gerus na die mense wat op hulle Twitter-feed uitfreak oor die nuus – hulle spel gewoonlik soos hulle fokken holle en dar staan AfriForum op die voorkop. Ek skiem ons sal OK wees. Laat daai naaiers maar are op hulle koppe bars…
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Tinga Tinga Tales (Showmax)
“Hoekom swaai apies aan takke? Hoekom bly akkedisse onder klippe? Hoekom is kameelperde se nekke sulke poeslank”, is vrae wat jou kinders jou heel moontlik mee irriteer. Sit vir hulle Tinga Tinga Tales aan en gaan vat fles op die stoep.
Natuurprogramme, doccies en biographies
Expedition with Steve Backshall (Showmax)
Steve Backshall is ‘n avoontuurman en ‘n ou wat die meeste maak van die buitelewe. Iets wat jy nou byvoorbeeld glad nie kan doen nie. So check hierdie reeks uit. Hy doen allerhande cool stuff wat jy in elk geval nie sou doen nie, al was daar nou nie ‘n fokken lockdown nie, so hou maar op om vir jouself te lieg. Steve travels die hele aardbol vol, opsoek na nuwe avonture wat soos river rafting in die Himalayas, rondtos deur Suid-Amerika se oerwoude en bergklim in die Middle East. Hy is cooler as Bear Grills wat hy drink nie sy eie pis of maak burger patties van sy eie drolle nie. Bear Grill se kameraman is in elk geval meer hardcore as Bear Grills…
Local is kaklekker
Molly & Wors (Showmax)
Al ken jy nie die Esterhuizen broers nie, ken jy die Esterhuizen broers. Willie en Pieter was in die laat 80s en vroeë 90s verantwoordelik vir Orkney Snorkney, daai zef TV show wat so diep verweef is in die Afrikaanse kultuur, of jy dit nou like of nie. Die taal is mos ‘n fokken kultuur. Julle wil dit mos so hê. Molly en Wors is een van oom Willie se meer onlangse Afrikaanse sitkoms en gaan oor die daaglikse doen en late van die die ietwat faktap, disfunksionele Visagie-familie -Worsman, Molly, hul oudste seun Vaatjie en hul dogter Blapsie. Kry vir jou!
Reality show tipe vaaibs
Love Island USA (Showmax)
Ons het verlede week oor die Ozzie version gepraat. Hierdie is car-crach TV al die pad. Jy wil nie kyk nie maar jy kan ook nie wegkyk nie. Ons almal het daai een of twee Facebook-tjommies wat absoluut verlief op hulleself is – die chicks wat heeltyd hulle monde soos fox terriers se holle trek vir fotos; die mense wat incheck by hospitale sonder enige verduidelikings want hulle like van drama en worry; die mense wat heeltyd in gym klere pose by watervalle of nature scenes vir een of ander rede. Nou die cast van Love Island laat my baie aan hierdie tipe mense dink. Doen my ‘n guns. Sonder om te veel in detail in te gaan, gaan paste die link vir Love Island USA op so ‘n “vriend” se Facebook wall en tune “Ek dink jy sal hierdie nogal geniet” en kyk wat die reaksie is. In hierdie reeks is daar ‘n student, bartender, sales rep, personal trainer, model en ‘n muso om maar net ‘n paar op te noem wat daar is vir either die geld of die liefde.
Befokte TV series om te binge
Lost (Showmax)
Dis ‘n fokken ou reeks, maar dis nogal befok en ‘n bietjie iets anders vir sy tyd. As jy dit somehow gemis het, kyk dit gerus. ‘n Groep vreemdelinge survive ‘n vliegtuigongeluk en vind hulleself nou gestrand op ‘n eiland waar dinge super fokken weird is. Check, toe hierdie in 2004 uitgekom het, het ek al so jaar lank in Nigeria gewerk en einde 2004 het ek oorgeskiet Londen toe vir twee weke om te gaan party saam met tjommies sodat ek nie my fokken sanity verloor nie. Lost het toe pas op UK televisie begin wys en ek het so halwe episode gekyk en my nie verder daaraan gesteur nie, want dis dom om TV te kyk as jy eerder kan party en jy is vir die eerste keer in die UK.
Terug in Nigeria, het my Franse bure pas terug gekom van hulle vakansie in Frankryk af en hulle het Lost se box set saamgebring. Toe hulle klaar was laat een Sondagmiddag, het die chick oorgestap en die DVDs vir my gegee. Ek en my tjommie het dit begin kyk en ons was fokken hooked. Toe ek weer sien, was dit fokken Maandagoggend seweuur die oggend en ons moes werk toe gaan met fokol slaap, fokol stort en fokol brekfis. Ek het hard afgekak by die werk en teen lunchtyd het ek besluit om huistoe te jaag om ten minste ‘n uur se slaap in te kry. Toe kyk ek in daai uur wragtig nog ‘n fokken episode en gaan terug werk toe en kak weer af tot sesuur die aand. Dit was een van my slegste werksdae ooit in my hele lewe…
Moerse lekker movies
Atomic Blonde (Showmax)
Ek kon hierdie seker onder die ‘Local is kaklekker’ section gegooi het ook, want Charlize Theron. Ek sal altyd ‘n hardie plekke hê vir haar…
Hierdie is die perfekte action thriller movie om ‘n ledige twee ure in hulle moer in te stuur. Charlize vertolk die rol van Lorraine Broughton, ‘n MI6 spy wat Berlyn toe gestuur word op die aand wat die Berlynse muur afkom. Sy moet die moord van ‘n mede-agent oplos. Ek kyk dit sommer weer vandag.
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Vinland Saga (Amazon Prime)
Thorfinn (jissis, wat vir ‘n fokken naam is dit?) is in ‘n soeke na wraak vir die doos wat sy pa vermoor het. O wag, die bra is ‘n Viking, so dit veruidelik die naam wat soos instructions lyk agter op ‘n Gillette skeerroomblikkie. Viking stories is cool en die artwork in hierdie reeks is fokken amazing. Dis slow paced, so gee dit so drie episodes. Of kyk die hele reeks. Jy het fokken baie tyd.
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 11 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Jy ken hom nie, maar jy ken hom. Dis een van die fokken zefste beats ooit maar ek moet nou finally toegee, This is Fucking Awesome:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,090,333 post views in totaal sedert 1 November, 2019.