Wel, die nasionale inperking is gisteraand verleng. What a time to be alive. Die infeksiekoers lyk redelik stabiel maar die sterftesyfers bly maar nog redelik hoog. Die slim mense wat op die National Corona Virus Command Council dien moes obviously ‘n paar moeilike besluite neem. Toets, toets, toets, een, twee, drie! Isoleer, isoleer isoleer! Dis ou Tedros (try jy maar sy van uitspreek) se mantra.
Die ekonomie hoes, proes en is op binne-aarse voeding terwyl die Rand suurstof benodig terwyl dit verder val. Die markte ry wipplank soos dit net laas na die Wall Street ineenstorting in 1929 gedoen het. Opdraend op, afdraend af. Waggel, waggel, waggel op ‘n depressiedraf. Ons weet almal die Zuma-jare gaan ons nou inhaal maar kak tye is altyd tydelik en ons Suid-Afrikaners spring mos graag in om te help? Kyk maar net hoeveel besighede en individue help en skenk terwyl hulleself sukkel of dalk nog gaan sukkel om kop bo water te hou.
We’ve got this, don’t worry.
OK, wat gaan aan op my social media music feeds? Te veel om op te noem, dis vir seker! Elke tweede muso tree nou online op. Hoe dan anders? Rock and let roll, man. Soms is die cringe-faktor erg. So what? Die mense probeer ten minste. Elke nou en dan is die gees so lekker, jy sluk twee keer en pink ‘n derde traan. Suid-Afrika se interwebs het maar swaar getrek met die kabelprobleme en almal wat by die huis sit en stream, maar let’s get real: kunstenaars se live streaming leerkurwe is nou steil. Almal is op training wheels, selfs die ou garde. En ek sal nie verbaas wees as live streaming ten minste vir die volgende twee jaar ‘n belangrike deel van kunstenaars se inkomstestrome gaan word nie. Onthou die sosialedistansiëringlimiete gaan nog vir maande met ons wees en mense gaan selfs later steeds versigtig wees om te veel uit te gaan na groter byeenkomste toe. Veral as daar weer ‘n opvlamming van gevalle is, iewers down the line. Moontlike entstowwe kan eers na ‘n jaar en ‘n half beskikbaar wees. Ek dink nie almal besef hoe dit ons lewens gaan verander nie. Moenie onkant gevang word nie want jy gaan spyt wees.
Daar is iets baie outentiek daaraan om in iemand se huis of buurt ingenooi te word vir ‘n persoonlike show. Selfs al is dit in kuberruimte. Laat jou sponsors of fans jou help. Ek weet ek is die laaste tegnologiese agtergeblewene wat dit in die publiek moet kwytraak, maar synde dat dinge nie sommer gou weer na normaliteit toe gaan terugkeer nie, sou ek voorstel julle kry die tegnologie onder die knie en maak dit werk vir julle. Gaan kyk net wat Ard Mathews gedoen het wat hy steeds doen:
Wow, blew me away! Fine, hy is wel ‘n hoë boom in die industrie en baie gelukkig om te bly waar hy bly. Dit help met die atmosfeer en die meer. Dis iets om na te streef in elk geval. Dis die eerste keer wat ek ‘n kaartjie gekoop nadat ek ‘n show gekyk het!
Ek het ongelukkig Arno Carstens se eerste live stream gemis terwyl ons nog net in sosiale distansiëring mode was, maar ek hoor dit was ook puik. Ek sal nog daar by uitkom ook.
Black Cat Bones se show die aand net voor die inperking was baie interactive met goeie sound. Visuals bietjie donker en onduidelik met tye maar dit was net op die regte tyd ge-stream. Gees kwadraat.
Dieselfde met Albert Frost wat ook nou begin het met ‘n weeklikse show. Baie uplifting en intimate in hulle Somerset Wes-huis met ‘n kaggel wat brand in die agtergrond. Great idee, alhoewel die beeld bietjie dof was en die klank later rukkerig geraak het, kan ek nie wag om te sien hoe dit gaan lyk en klink vorentoe nie.
En jy kan maar seker wees al hierdie shows gaan verbeter. Hoekom maak beroepskunstenaars dit nie ‘n meer gereelde deel van hulle offering oor die langtermyn in elk geval nie? People will pay for quality entertainment even after the pandemic. Ek is seker daarvan. Dit waarin hulle nou gaan invest, kan hulle later tot hulle voordeel gebruik. Drummer, Jonno Sweetman se videos se klankkwaileit is seker die beste van almal wat hierdie performance videos uitsit:
Ok wat nog?
Pedro Barbosa het Spaanse daanse gegooi en gemaak asof dit somer is.
Oh yes, he’s the great entertainer.
Sommer in sy tuin.
Beste nuwe song wat ek gehoor het is deur Aidan Martin gekomponeer. Love hierdie tune:
https://www.facebook.com/AidanMartinMusic/videos/214164079802060/UzpfSTU4MTQxMjAwODoxMDE1ODM2NDc2NzAyNzAwOQ/
Die mees relevante en oorspronklike music video vir hierdie weird tydperk waarin ons onself op die oomblik bevind, is deur Daaf Vapor geskiet:
O ja, en onthou om jou sin vir humor te behou. Hier is die snaaksste local sketch van die week. Ons eie Melt Sieberhagen wat sy bes doen om positief te bly. Wonder of hy dit gaan maak?
https://www.facebook.com/MeltSieberhagen/videos/623289768527604/UzpfSTU4OTUzMjMwMjozMDYwNjExMjk0OTk0MTQ6MTA6MDoxNTg4MzE2Mzk5OjIxNjAxMzQwNzM4MDQxMzE4ODM/
Watkykjy staan op 3,089,944 post views in totaal sedert 1 November, 2019.