Pedro Barbosa kom oorspronklik van Maputo, Mozambique af, waar hy gebore is, maar hy bly al fokken lank in Pretoria. Hy is nie net een van die stad se gunsteling musikante maar ook van van die hardwerkendste. Jy sal hom by corporate functions kry, private functions venue launches, pubs, restaurante, klein gigs, groot gigs en by enige van die groot music festivals. By almal van hulle behalwe Afrikaans is Groot, want Pedro se Afrikaans is kakker as ‘n cop tydens lockdown. En dis ‘n goeie ding, want wie anders gaan vir ons al die befokte Italiaanse, Spaanse en Portugeuse tunes sing so tussendeur die great international covers en Pedro se eie original hits? Mind you, hy het al meer as een international songwriting competition gewen met sy eie tunes.
Kyk, Pedro is nie sy ma se kleinste kind nie, maar dis probably omdat sy hart so fokken groot is. Hierdie vriendelike, saggeaarde ou gee meer as waarvoor hy vra. Tydens lockdown het hy telkemale vanaf sy stoep en sitkamer gigs gejol om geld in te samel vir vir pubs en renstaurante wat afkak se staff. Dis juis om hierdie rede dat ons besluit het dat dit bietjie Pedro se beurt is om ‘n geldjie te kry.
Ons het hom gevra om groot asseblief ‘n lekker uurlange concert te gooi, live op Watkykjy se Facebook page en nou vra ons julle groot asseblief om die bra te ondersteun en ‘n donasie te maak om die show te kyk as jy kan. Ons sal verstaan as jy nie kan nie, want almal kak af, maar kyk wat jy kan doen. As ons Pedro aan die gang hou, hou hy ander ouens op sy beur aan die gang. Dis hoe die basic karma-wiel werk. Jou goeie dade sal hulle weg terugvind na jou ook. As hierdie storie werk, kan ons dalk elke Vrydag ‘n local artist op hierdie manier uithelp. Dit hang alles van ons af.
As jy van die huis af werk, maak klaar sodat jy 15:00 die braai kan aansteek en ‘n dop kan skink. Jy is welkom om songs te request en vir shout-outs te vra. Pedro is nogal moerse engaging met ‘n audience en like dit om met julle te gesels. Jy kan sommer direk in Pedro se rekening oorbetaal. Enige iets vanaf R50 tot whatever jy mee gemaklik voel, sal waardeer word:
Fat groove
FNB checque account
62518781712
Branch: 258155
R50 (of meer, as jy kan)
Watkykjy staan op 3,090,244 post views in totaal sedert 1 November, 2019.