Om jou Dinsdae effens meer draaglik te maak in 2020, het ons besluit om bietjie nostalgies te raak. Ons gaan probeer om elke week ou TV shows, veral shows uit baie van julle se kinderdae, asook ou TV advertensies, uit te grawe en hier op Watkykjy te plak. Ons mag dalk hier en daar ‘n week mis omdat ons besig is om zol te rook of draties te kap.
Maybe is jy heeltemal te fokken jonk om enige van hierdie kak te onthou, maar dit maak nie saak nie – welkom by ons kinderjare en welkom by old school TV, geborg deur Zefshop.
Shoprite Checkers
Shoprite Checkers en Hyperama is vir ‘n rukkie nou al dieselfde company en hulle het 37 Hypers en 202 Checkers supermarkte wat in SA, Botswana en Nambibia operate. Checkers se naam het na Shoprite Checkers toe verander in 1991 en ons reken hierdie advertensie kom probably uit ongeveer 1992 uit. Whoever die ad agency was, het hulle vir ‘n fokken fool gevat, want ek skat nie dat die production meer as R100 kon kos in vandag se geld nie, so dit moes seker R15 gekos het om die ad te produce, destyds – dis letterlik ‘n kuiken wat tien keer piep, ‘n swart agtergrond, die Shoprite Checkers logo, die woord “Cheap!” wat gecopy en paste is en tien keer op die screen verskyn en ‘n voice over artist wat net ses woorde uiter: “Shoprite Checkers Easter prices are really…”
Kamaaaan, ouens!
Hierdie week se main attraction is egter Pinocchio
Fun fact:
Die reeks is gebaseer op die kinderboek, Pinocchio, deur Carlo Collodi en sy idee met die boek was aanvanklik om Pinocchio se kak gedrag as ‘n waarskuwing te gebruik en hy het dit as ‘n tragedie geskryf – aan die einde van sy beplande weergawe is Piocchio ge-execute deur die jakkals en die kat. Hulle het Pinnochio aan ‘n eikeboom opgehang. Fokken grim. Disney het dus die hele storie ge-whitewash, maar die cartoon wat jy as kind gekyk het op SAUK en wat ons hier plaas op Watkykjy elke week, is die naaste aan die oorspronklike storie.
Pinocchio Episode 26 – ‘n Belofte aan die waterskilpad
Gepetto is steeds MIA en Pinocchio en Gina soek na hom. Op die beach nodge hulle ‘n skillie wat eiers lê. Die jakkals en die kat is as expected weer daar en wil nie net die eiers eet nie, maar sommer ook die skilpad ook. Die konte wil die Corona virus versprei. Pinocchio en Gina red die skilpad en die eiers sodat dit kan uitbroei. Die skilpad is obvisouly moerse dankbaar teenoor Pinocchio en Gina oor die hele gedoente.
Pinocchio Episode 27 – Die ou skoenmaker Giango
As jy skiem Pinocchio is ‘n fokken gay naam, ontmoet skoenmaker, Giango. Anyway, hy nooi hulle na sy huis vir dinner. Turns out die omie kan nie rent betaal nie en Pinokes en Gina besluit om die armsalige jansalie te help deur skoene te maak. Die jakkals en die kat daag weer op. Big fucking surprise.
Pinocchio Episode 28 – Die beste marathon vir Pinocchio
Pinocchio en Gina is moerse skraal. ‘n Man is nie ‘n klip nie, hy moet graze, maar die masekinners het nie zak nie. In die volgende dorp oortuig die jakkals en die kat vir Pinocchio om in te skryf vir ‘n marathon, want like, hierdie twee dose is permament in Pinocchio se fokken blind spot, reg om dinge op te fok. Hulle beplan om sy prys te zik as hy wen. Pinokes wen toe fokken wragtig, maar die prys ‘n donkie en die twee skelm konte moet hulle nou te voet volg. Lekker. Fokken kry vir julle!
Pinocchio Episode 29 – Die donkie
Pinocchio en Gina geniet die donkie en hoef nie meer toon te klap nie, maar die donkie besluit at some point dat hy nou fokken klaar is moet hierdie storie en gaan lê plat in die pad. Eintlik is hy bekliksemmed omdat Pinocchio sy stert getrek het, wat ‘n dick move is. Pinocchio en Gina belowe iets aan die donkie om om oor te wen, maar daarvoor moet Pinocchio poeshard werk
Pinocchio Episode 30 – Probleme met die diefstal
Pinocchio werk sy pere af vir die donkie kos en slaapplek te gee. Die jakkals en die kat (hello!) steel alles sodat Pinocchio verdrink kan word. As ‘n bonus steel hulle sommer die donkie ook terwyl Pinocchio en Gina lê en slaap.
Watkykjy staan op 3,073,830 post views in totaal sedert 1 November, 2019.