Om jou Dinsdae effens meer draaglik te maak in 2020, het ons besluit om bietjie nostalgies te raak. Ons gaan probeer om elke week ou TV shows, veral shows uit baie van julle se kinderdae, asook ou TV advertensies, uit te grawe en hier op Watkykjy te plak. Maybe is jy heeltemal te fokken jonk om enige van hierdie kak te onthou, maar dit maak nie saak nie – welkom by ons kinderjare en welkom by old school TV, geborg deur Zefshop.
Ons vorder baie goed – sover trek ons al by tot en met die eerste 40 episodes van Pinocchio! Daar is nog twaalf episodes oor voor ons besluit wat om volgende saam te kyk in kwarentyn. Wat skiem jy moet ons volgende laai?
Laat weet as jy idees het.
Pool noodle
Almal het al met een geswem. Fok, ekself besit tans twee van die goed. Hierdie advertensie is fokken terrible. Dit het ‘n kak song wat deur ‘n persoon met ‘n kak stem gesing word. Dan het iemand besluit om honde se geblaf deel te maak van die song deur dit op n midi keyboard te record of iets. Daar is even fake laughter. Like, hoekom wil jy geluk en happiness fake? Jirrrrre, Seagull Industries, fokken skaam julle!
Hierdie week se main attraction is egter Pinocchio
Fun fact:
Die Washington Post Fact Checker moes ‘n nuwe dishonesty rating uitwerk, spesiaal vir die Trump-Era en noem dit die Bottomless Pinocchio, juis omdat Trump so doos is en so poesbaie lieg.
Pinocchio Episode 36 – My skat
Pinocchio is moerse chuffed met sy nuwe watch maar Gina skiem hy brag bietjie te fokken veel met die ding. Marcello, die winkeleienaar, dreig die jakkals en die kat op die horlosie terug te bring. Die jakkals lieg homself natuurlik weer los maar ten koste van Pinocchio.
Pinocchio Episode 37 – Die seun Romeo
Pinocchio mag die horlosie hou. Tydens hulle missions ontmoet hulle ‘n laitie, Romeo, want nogal konterig is. Hy wil nie sy snack met hulle deel nie. Pinocchio begin kakstories spin omdat hy insecure is en Romeo wil impress maar sy neus begin weer groei. Sommer poeslank!
Pinocchio Episode 38 – Reis na speelgoedland
Pinocchio en Gina bump loop weer in Romeo vas. Die ou sit en wag met al sy stuff om ‘n bus te klim na speelgoedland. Blykbaar ‘n piele pozzie. Romeo tune vir Pinokes dat dat dit heeltyd speeltyd is daar. Pinocchio klap ‘n toon agter die bus maar maar so ook die jakkals en die kat.
Pinocchio Episode 39 – Die wonderlike speelgoedland
Na ‘n moerse lang trip kom hulle by speelgoedland aan. Dis net fokken pret en karretjies en almal jol hulleself faktap. Pinocchio kim en klouter en fok rond en jol met almal. Die jakkals en die kat gee natuurlik voor dat hulle Pinocchio se beste maatjies is.
Pinocchio Episode 40 – Teëspoed in die oggend
Pinocchio, Gina, Rocco, die jakkals en die kat is steeds op die jol in speelgoedland. Dis soos universtiteit vir die EFF. Een poesgroot jol en alles is for free. Een oggend begin Pinocchio se ore pyn en dit groei weird. Toe hy weer check het hy fokken donkie-ore en ‘n rukkie later is hy toe sommer ook ‘n full-blown donkie.
Watkykjy staan op 3,073,771 post views in totaal sedert 1 November, 2019.